ROMEINE 12:15-16
ROMEINE 12:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees bly saam met diegene wat bly is; treur saam met diegene wat treur. Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie wys wees in julle eie oë nie.
ROMEINE 12:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle. As hulle hartseer is, deel dit met hulle. Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie.
ROMEINE 12:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ander mense bly is, dan moet julle saam met hulle bly wees. Wanneer hulle hartseer is, dan moet julle saam met hulle hartseer wees. Julle moet altyd gereed wees om saam te werk met mekaar. Julle moenie dink dat julle baie belangrik is en dat julle nie by mense kan wees wat nie so belangrik soos julle is nie. Julle moenie dink julle weet alles nie.
ROMEINE 12:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween; wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie
ROMEINE 12:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.
ROMEINE 12:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees bly saam met die wat bly is, en ween saam met die wat ween. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie let op hoë dinge nie, maar neerbuig teenoor mense met 'n lae eiendom. Wees nie wys in jou eie voorstellings nie.
ROMEINE 12:15-16 Die Boodskap (DB)
Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. Leef in harmonie met mekaar. Moenie baklei nie. Moenie beter as ander mense probeer wees nie. Maak vriende met mense wat nie te veel van hulleself dink nie. Onthou: julle beskik nie oor al die kennis en wysheid in die wêreld nie. Wees nederig.