ROMEINE 1:1-2
ROMEINE 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir julle. Ek is 'n dienaar van Christus Jesus. Christus het my gekies om 'n apostel te wees en Hy het vir my die werk gegee om die goeie boodskap van God te bring. God het lank gelede vir die profete gesê hulle moet in die Ou Testament skryf dat Hy vir die mense die goeie boodskap belowe
ROMEINE 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God — wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte
ROMEINE 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God. Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig
ROMEINE 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n dienskneg van •Christus Jesus, 'n geroepe •apostel, afgesonder vir die evangelie van God, wat Hy reeds tevore deur sy profete in die heilige Skrifte beloof het
ROMEINE 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, geroep om 'n apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God, (Wat Hy vooraf deur sy profete in die Heilige Skrifte beloof het)
ROMEINE 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Van Paulus. Ek dien Christus Jesus. Hy het my aangestel as apostel. Dit is my taak om God se goeie nuus oral bekend te maak. Hierdie goeie nuus is al lankal deur God se boodskappers in die Bybel neergeskryf.
ROMEINE 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus. Ek is ’n dienskneg van Christus Jesus. Hy het my geroep om sy apostel te wees. Ek is afgesonder om God se Goeie Nuus te verkondig. Hierdie Goeie Nuus het Hy reeds lank gelede deur sy profete in die Skrif beloof.