DIE OPENBARING 15:3-4
DIE OPENBARING 15:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sing toe die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat so lui: “Groots en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, o Koning van die nasies. Wie sal dan nie vir U ontsag hê nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en in aanbidding voor U neerval, want u regverdige dade is geopenbaar.”
DIE OPENBARING 15:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het die lied gesing van Moses, die kneg van God, en die lied van die Lam en gesê: Groot en wonderbaar is u werke, Here God, Almagtige! reg en waar is u weë, o Koning van die heiliges. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid; want u oordele is geopenbaar.
DIE OPENBARING 15:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Toe sing hulle die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam. Hulle het gesing: “Here God, Almagtige! Die dinge wat U doen, is groot en wonderlik! U doen altyd wat reg en waar is! U is die Koning van die volke! Here, almal sal U respekteer! Almal sal U eer! Want net U is heilig! Want al die volke sal kom en hulle sal U aanbid! Want almal kan sien U doen altyd wat reg is!”
DIE OPENBARING 15:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
DIE OPENBARING 15:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam: “Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.”
DIE OPENBARING 15:3-4 Die Boodskap (DB)
Hulle het Moses se lied gesing. Moses het God mos gedien. Hierdie lied is ook die lied van die Lam: “Here God, die dinge wat U alles doen, is so groot dat dit ons asem heeltemal wegslaan. Here, U is die sterkste en kragtigste van almal! Wat U doen, is altyd reg en regverdig. U doen dinge soos dit hoort. U heers oor al die mense van die wêreld en hulle sal dit moet erken. “Here, wie sal U nie met groot agting en respek hanteer nie? Wie sal nie vir ander vertel hoe belangrik U regtig is nie? U en U alleen is soos U is: heilig. Al die mense sal na U toe stroom en U as God aanbid. Hulle kan nou sien dat wat U doen, regverdig is.”
DIE OPENBARING 15:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle sing die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat só lui: “Groot en uitsonderlik is u dade, Here God, die Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, Koning van die nasies. Wie sal nie ontsag vir U hê nie, Here, en nie u Naam verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en voor U in aanbidding neerval, want u regverdige dade het sigbaar geword.”