Openbaring Openbaring 15

Openbaring 15
Sewe engele en sewe skale
1En ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik, sewe engele met die sewe laaste plae; want in hulle is die toorn van God vervul.
2En ek het gesien soos 'n see van glas gemeng met vuur; en die wat die oorwinning behaal het oor die dier en oor sy beeld en oor sy merk en oor die getal van sy naam, staan op die see van glas, met die siters van God.
3En hulle het die lied gesing van Moses, die kneg van God, en die lied van die Lam en gesê: Groot en wonderbaar is u werke, Here God, Almagtige! reg en waar is u weë, o Koning van die heiliges.
4Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid; want u oordele is geopenbaar.
5En daarna het ek gekyk, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.
6En die sewe engele het uit die tempel uitgekom met die sewe plae, bekleed met suiwer en wit linne, en hulle borste omgord met goue gordels.
7En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die toorn van God, wat tot in alle ewigheid lewe.
8En die tempel is gevul met rook uit die heerlikheid van God en uit sy krag; en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele vervul was nie.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan