PSALMS 86:15-17
PSALMS 86:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan, gee U my tog krag en red my. Maak my 'n voorbeeld van u goedheid, sodat dié wat my haat, verleë sal moet toesien dat U, Here, my help en vir my uitkoms gee.
PSALMS 86:15-17 Die Boodskap (DB)
Here, U het ’n sagte hart. U gee maklik goeie dinge aan ons. En U het baie geduld met ons. U is vol goedheid. U het almal baie lief wat aan U behoort. En U is getrou aan hulle. Help my, Here! Maak u hart vir my oop. Gee my krag. Red my. Ek dien U mos. Ek is deel van ’n familie wat U dien. Mense moet aan my lewe kan sien dat U regtig vir u kinders omgee. As mense wat my haat, sien hoe U my help, sal hulle baie skaam word. Hulle moet sien hoe U al my trane afdroog en my help.
PSALMS 86:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Maar U, my Here, is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en U is genadig. U is baie geduldig en U doen altyd wat U belowe het, U bly dieselfde. U moet na my kyk en U moet genadig wees vir my, U moet my sterk maak en my red. Ek behoort aan U vandat ek gebore is. Wys vir my dat U goed wil wees vir my, sodat die mense wat my haat, dit kan sien en kan weet dat hulle nie sal wen nie, want U, Here, help my en verander dinge vir my.
PSALMS 86:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou. Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd. Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.
PSALMS 86:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan, gee U my tog krag en red my. Maak my 'n voorbeeld van u goedheid, sodat dié wat my haat, verleë sal moet toesien dat U, Here, my help en vir my uitkoms gee.
PSALMS 86:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar U, my Heer, U is 'n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid. Draai na my en wees my genadig; gee u krag aan u dienskneg, en verlos die seun van u diensmeisie. Gee my 'n teken van goedheid sodat hulle wat my haat, dit kan sien en beskaamd staan. U, HERE, het my immers gehelp en getroos.
PSALMS 86:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar U, HERE, is 'n God vol medelye en genadig, lankmoedig en groot van goedertierenheid en waarheid. Bekeer julle tot my en wees my genadig; gee U krag aan U kneg en verlos die seun van U slavin. Wys my 'n teken ten goede; sodat die wat my haat, dit kan sien en beskaamd staan, omdat U, HERE, my gehoop en my getroos het.
PSALMS 86:15-17 Die Boodskap (DB)
Here, U het ’n sagte hart. U gee maklik goeie dinge aan ons. En U het baie geduld met ons. U is vol goedheid. U het almal baie lief wat aan U behoort. En U is getrou aan hulle. Help my, Here! Maak u hart vir my oop. Gee my krag. Red my. Ek dien U mos. Ek is deel van ’n familie wat U dien. Mense moet aan my lewe kan sien dat U regtig vir u kinders omgee. As mense wat my haat, sien hoe U my help, sal hulle baie skaam word. Hulle moet sien hoe U al my trane afdroog en my help.
PSALMS 86:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U, Here, is barmhartig en genadig, U is stadig om kwaad te word, vol liefde en trou. Sien my raak en wees my genadig. Gee sterkte aan u dienaar, red die seun van u dienares. Stuur my ’n teken van u guns. My haters sal toekyk en verslae wees, want U, HERE, help en vertroos my.