Psalms 86:15-17

Psalms 86:15-17 ABA

Maar U, my Here, is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en U is genadig. U is baie geduldig en U doen altyd wat U belowe het, U bly dieselfde. U moet na my kyk en U moet genadig wees vir my, U moet my sterk maak en my red. Ek behoort aan U vandat ek gebore is. Wys vir my dat U goed wil wees vir my, sodat die mense wat my haat, dit kan sien en kan weet dat hulle nie sal wen nie, want U, Here, help my en verander dinge vir my.