PSALMS 82:2-3
PSALMS 82:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: “Hoe lank wil julle nog onregverdig oordeel en sê die mense wat verkeerd doen, is nie verkeerd nie? Sela Julle moet reg doen aan arm mense en aan mense wat niemand het wat hulle kan help nie. Julle moet sê wanneer iemand reg is, ook iemand wat homself nie kan help nie, of iemand wat niks het nie.
PSALMS 82:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela. Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
PSALMS 82:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hoe lank gaan julle nog onregverdige beslissings vel, nog partydig wees vir die goddelose? Sela Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, 'n regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer
PSALMS 82:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hoe lank gaan julle nog onregverdig oordeel en vir goddeloses partydig wees? •Sela Handhaaf die reg van hulpeloses en vaderloses; laat reg geskied aan magteloses en armes.
PSALMS 82:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en die mense van die goddelose behaag? Sela. Beskerm die armes en die wees, doen reg aan die ellendige en behoeftige.
PSALMS 82:2-3 Die Boodskap (DB)
“Hoe lank gaan julle onregverdig wees en maak of die slegte mense nie regtig so sleg is nie? Hoe lank gaan julle nog die reg verdraai? Julle moet eerder die mense help wat hulleself nie kan help nie. Kom op vir die weeskind. Sorg liewer dat dit beter gaan met mense wat swak is en niks het nie.