PSALMS 78:10-11
PSALMS 78:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het die verbond met God nie gehou nie, en geweier om te lewe soos Hy hulle geleer het. Hulle het vergeet van sy werke, van die wonderdade wat Hy hulle laat sien het.
PSALMS 78:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het nie God se verbond nagekom nie; en sy wet het hulle geweier om te volg. Hulle het sy dade vergeet, sy wonders wat Hy hulle laat sien het.
PSALMS 78:10-11 Die Boodskap (DB)
Want hulle het nie na God geluister nie. Hulle het nie die voorwaardes van sy ooreenkoms gehoorsaam nie. Hulle het gou vergeet watter groot dade God voor hulle oë gedoen het.
PSALMS 78:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God se verbond het hulle nie gehou nie, en hulle het geweier om volgens sy voorskrifte te lewe. Hulle het sy dade vergeet, die wonders wat Hy hulle gewys het
PSALMS 78:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het nie gedoen wat die verbond van God sê nie, hulle wou nie lewe soos Hy wil hê nie. Hulle het vergeet wat God gedoen het, hulle het die wonderwerke vergeet wat Hy vir hulle gewys het.