PSALMS 78:1-2
PSALMS 78:1-2 Die Boodskap (DB)
My vriende, luister nou baie mooi wat ek vir julle wil sê. Ek gaan julle leer. Maak julle ore oop sodat julle goed kan hoor! Ek wil ’n belangrike verhaal aan julle vertel, iets wat lank terug gebeur het en ’n mens nou nog laat wonder.
PSALMS 78:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
O my volk, luister na my lering. Gee ag op wat ek sê, want ek wil julle onderrig met ’n psalm. Ek wil julle lesse leer uit die verlede.
PSALMS 78:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied. Van Asaf. My volk, julle moet luister na wat ek vir julle leer, julle moet goed luister na wat ek vir julle sê. Ek wil dit doen soos wyse mense dit doen, ek wil praat oor dinge waarvan julle nie weet nie, dinge wat lank gelede gebeur het.
PSALMS 78:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N ONDERWYSING van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond. Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
PSALMS 78:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gedig van Asaf. Luister na wat ek jou leer, my volk, luister aandagtig na wat ek sê. Ek gaan 'n gedig voordra, ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede.