PSALMS 77:11-12
PSALMS 77:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander! Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
PSALMS 77:11-12 Bybel vir almal (ABA)
En dan sê ek: Daar is iets wat my ongelukkig maak, dit is dat die Hoogste God nie meer doen wat Hy voorheen gedoen het nie. Ek dink aan wat die Here gedoen het, die wonderlike dinge wat U gedoen het, lank gelede
PSALMS 77:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
En ek sê: “My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.” Ek wil dink aan die dade van die Here, ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.
PSALMS 77:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek gesê: “Dit is wat my kwel – die verandering van die Allerhoogste se regterhand.” Ek sal die HERE se dade onthou, ja, ek wil u wonders van vroeër onthou.
PSALMS 77:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal dink aan die werke van die HERE; sekerlik sal ek dink aan u wonders van ouds. Ook sal ek oor al jou werk peins en oor jou handelinge praat.
PSALMS 77:11-12 Die Boodskap (DB)
En ek dink: My grootste bekommernis in die lewe is dat die Allerhoogste nie weer soos voorheen goed aan ons gaan doen nie! Toe het ek ver teruggedink, na dit wat God lank terug gedoen het. Vroeër het die Here buitengewone, wonderlike dinge gedoen.