PSALMS 72:17-19
PSALMS 72:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Mense moet die koning altyd onthou, hulle moet sy naam onthou so lank soos daar 'n son is. Al die volke moet weet en sê dat dit goed gaan met hulle omdat die koning daar is, en hulle moet bid dat hy gelukkig sal wees. Ons prys God, die Here, die God van Israel. Net Hy doen wonderlike dinge. Ons prys die Naam van die Here, die Koning. Die hele aarde moet weet Hy is Koning. Amen, ja amen.
PSALMS 72:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys! Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen! En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.
PSALMS 72:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag die koning se naam altyd onthou word, mag sy roem duur so lank as die son daar is, sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys! Geloof sy God die Here, die God van Israel. Dit is net Hy wat magtige dade doen! Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word, mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit. Amen, ja, amen.
PSALMS 72:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag sy roem vir altyd duur, sy naam voortleef solank die son bestaan. Mense sal wens dat hulle so geseënd is soos hy; al die nasies sal hom gelukkig noem. Die HERE God, die God van Israel, moet geprys word, Hy wat wonders doen, net Hy alleen. Sy luisterryke Naam moet vir ewig geprys word; mag sy heerlikheid die hele aarde vul. •Amen, amen.
PSALMS 72:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sy Naam sal tot in ewigheid bestaan; sy Naam sal geduur word solank as die son, en mense sal in hom geseën word; al die nasies sal hom geseënd noem. Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat net wonders doen. En sy heerlike Naam word geseën tot in ewigheid, en laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word; Amen, en Amen.
PSALMS 72:17-19 Die Boodskap (DB)
Mag hulle hom vir altyd onthou. Mag hulle nog baie lank praat oor hoe ’n goeie koning hy was. Mag al die nasies mooi dinge oor hom sê en bly wees omdat hy koning was. Sê vir God, die Here, dankie. Hy doen groot dinge wat niemand anders kan doen nie. Loof Hom vir altyd, want Hy is wonderlik. Mag daar nie ’n plekkie op hierdie wêreld wees waar die mense nie besef hoe groot U is nie. Laat dit so wees, amen!
PSALMS 72:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mag die koning se naam altyd onthou word en nooit vergeet word so lank as die son daar is nie. Mag al die nasies deur hom geseën word en al die nasies hom geseënd noem. Prys die HERE God, die God van Israel! Net Hy doen wonderlike dade. Mag sy heerlike Naam vir altyd geprys word! Mag die hele wêreld vol wees van sy heerlikheid. Amen, ja, amen!