PSALMS 67:5-6
PSALMS 67:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Die volke moet bly wees en vrolik sing, want wanneer U die volke oordeel, dan doen U reg aan almal. U lei die volke op die aarde. O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.
PSALMS 67:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
PSALMS 67:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!
PSALMS 67:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag nasies bly wees en jubel, want U oordeel volke billik; en nasies, mag U hulle op die aarde lei. Sela Mag volke U prys, o God, mag al die volke U prys.
PSALMS 67:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat die volke U loof, o God; laat die hele volk U loof. Dan sal die aarde sy opbrings gee; en God, ons eie God, sal ons seën.