PSALMS 66:17-20
PSALMS 66:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds 'n loflied op my lippe. As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie. Maar God hét geluister, Hy hét my gebed verhoor! Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie.
PSALMS 66:17-20 Bybel vir almal (ABA)
Ek het geroep en gevra dat Hy my moet help. Ek het Hom geprys. As ek my sonde weggesteek het, dan sou die Here nie gedoen het wat ek gevra het nie. Maar God hét geluister, Hy het gedoen wat ek gevra het. Nou prys ek vir God. Hy het geluister na my gebed, Hy het gedoen wat Hy belowe het.
PSALMS 66:17-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong. As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie. Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed. Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!
PSALMS 66:17-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met my mond het ek Hom aangeroep; lofprysing was gereed op my tong. Wat onreg betref, as ek dit in my hart sou gewaar, sou my Heer nie geluister het nie. Maar God het geluister; Hy het ag geslaan op die klank van my gebed. God moet geprys word, Hy wat my gebed nie afgewys het, sy troue liefde van my nie weerhou het nie.
PSALMS 66:17-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het na hom geroep met my mond, en hy is met my tong verheerlik. As ek ongeregtigheid in my hart ag, sal die HERE my nie verhoor nie; Maar waarlik, God het my verhoor; hy het gehoor gegee aan die stem van my gebed. Geseënd van God wat my gebed en sy goedertierenheid nie van my afgewend het nie.
PSALMS 66:17-20 Die Boodskap (DB)
Ek het nog maar net die Here gevra om my te help toe ek in die moeilikheid was. Toe het ek al klaar ’n loflied begin sing. Daar was nie verkeerde dinge in my hart nie. Anders sou die Here nie geluister het nie. God het my gehelp. Skaars het ek Hom om hulp gevra, toe help Hy my. God moet geprys word. Hy het my nie geïgnoreer nie. Hy was getrou aan my.
PSALMS 66:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het na Hom om hulp geroep, Hom geprys terwyl ek praat. As ek kwaad in my hart bedink het, sou die Here nie na my luister nie. Maar God het tog geluister; Hy het my gebed verhoor. Loof God wat my gebed nie verwerp het nie en sy troue liefde nie aan my onttrek het nie.