PSALMS 61:2-4
PSALMS 61:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hoor my klaagroep, o God, luister aandagtig na my gebed. Van die einde van die aarde roep ek na U, wanneer my moed my begewe. Lei my na 'n rots wat vir my te hoog is; want U is vir my 'n skuilplek, 'n versterkte toring teen die vyand.
PSALMS 61:2-4 Bybel vir almal (ABA)
O God, U moet luister wanneer ek bid, U moet vir my gee wat ek vra. Ek is baie ver van U, maar ek roep en vra dat U my moet help, ek is moedeloos. U moet my op 'n hoë rots laat staan waar ek veilig sal wees. Ek vra dit, want U het my altyd beskerm, U was vir my soos 'n toring waar die vyande nie by my kan kom nie.
PSALMS 61:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O God, hoor my smeking, luister na my gebed! Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is. Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.
PSALMS 61:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees. U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
PSALMS 61:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Van die einde van die aarde af sal ek U aanroep as my hart oorweldig word; lei my na die rots wat hoër is as ek. Want U was vir my 'n skuiling en 'n sterk toring teen die vyand. Ek sal vir ewig in U tabernakel vertoef; ek vertrou op die skuilplek van U vleuels. Sela.
PSALMS 61:2-4 Die Boodskap (DB)
God, luister tog wanneer ek by U hulp kom vra. Luister aandagtig na my as ek bid. Wanneer ek moedeloos en wanhopig is en voel of ek amper dood is, bid ek ernstig. Beskerm my sodat ek nie doodgaan nie. U alleen pas my op. U is soos ’n skuilplek waarheen ’n mens vlug as daar groot gevaar kom. U beskerm my teen my vyande.