PSALMS 59:16-17
PSALMS 59:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Hulle soek iets om te eet, en as hulle nie genoeg kry nie, dan huil en blaf hulle. Maar ek? Ek sal sing oor u krag, ek sal elke oggend juig omdat U doen wat U belowe. By U is ek veilig, U beskerm my wanneer dit vir my gevaarlik is.
PSALMS 59:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag. Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.
PSALMS 59:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle dwaal rond agter prooi aan en as hulle nie genoeg kry nie, tjank hulle. Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood.
PSALMS 59:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle dwaal rond op soek na kos; as hulle nie genoeg kry nie, grom hulle. Maar ek, ek sing van u krag. In die môre jubel ek oor u troue liefde, want U was vir my 'n toevlugsoord, 'n skuilplek op die dag van my nood.
PSALMS 59:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek sal sing oor u krag; ja, ek sal in die môre sing oor u goedertierenheid, want U was my skuilplek en toevlug op die dag van my benoudheid. Tot eer van jou, o my sterkte, wil ek sing, want God is my beskutting en die God van my goedertierenheid.
PSALMS 59:16-17 Die Boodskap (DB)
Hulle loop rond om te kyk waar hulle kan kwaad doen. Hulle soek oral moeilikheid. Hulle hou aan totdat almal later van hulle weet. Maar ek sal U prys, Here. Elke oggend as ek wakker word, is ek so bly dat ek juig. Want U bly getrou aan my. U het my opgepas toe ek in die nood was. U maak my sterk.