PSALMS 39:7-8
PSALMS 39:7-8 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens se lewe is soos 'n skaduwee wat verbygaan, hy maak hom moeg, maar hy kry niks daarvoor nie. Hy maak baie goed bymekaar maar hy weet nie wie dit sal kry nie. En daarom, Here, wat kan ek hoop? Ek weet dit is net U wat kan help.
PSALMS 39:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie. En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.
PSALMS 39:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mens leef soos in 'n droom en hy sloof hom af vir niks. Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie. Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.
PSALMS 39:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As 'n blote skaduwee gaan mense deur die lewe. Ja, terwyl hulle 'n blote asemteug is, werskaf hulle – mense maak bymekaar, maar weet nie wie dit gaan kry nie. “En nou, wat verwag ek, my Heer? My hoop, op U is dit gevestig.
PSALMS 39:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, HERE, waarvoor wag ek? my hoop is op U. Red my van al my oortredinge; maak my nie die smaad van die dwase nie.
PSALMS 39:7-8 Die Boodskap (DB)
Die mens se lewe is net soos ’n flitslig wat jy aan- en afskakel. Dit skyn ’n kort rukkie, dan gaan dit dood. Die mens hou hom met baie dinge besig. Hy sloof hom af. Hy maak ’n klomp besittings bymekaar. Maar hy weet nie wie dit alles gaan erf nie. Ag Here, wat bly daar nog vir my in hierdie lewe oor? Ek vestig al my hoop op U!