PSALMS 37:23-40

PSALMS 37:23-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand. Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën. Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon; want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon. Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is. Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie. Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak. Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie. Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom. Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede. Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny. Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid. En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:23-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon, want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie. Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word. Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon. Wat die regverdige praat, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg. Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie. Die goddelose lê die regverdige voor en soek 'n kans om hom dood te maak, maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie. Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou. Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens geil opskiet soos 'n plant, en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie; ek het hom gesoek en hy was nêrens nie. Maar let nou op die eerbare mens, kyk na die opregte: die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms. Dié wat hulle teen die Here verset, word voor die voet uitgewis, die toekoms van die goddeloses word afgesny, maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood. Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:23-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die HERE bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die HERE hou sy hand vas. Ek was jonk, en nou is ek oud. Maar ’n regverdige mens wat verlate is, het ek nooit gesien nie, of dat sy kinders vir kos moes bedel nie. Hy leen altyd ruimskoots aan ander, en sy kinders is tot ’n seën. Vermy die kwaad en doen wat goed is, dan sal jy vir altyd woon in die land. Want die HERE het die reg lief, en sal sy getroue dienaars nie verlaat nie. Hy sal hulle vir altyd veilig bewaar, maar die goddelose se kinders sal vergaan. Die regverdiges sal die land besit en daar vir altyd woon. Die regverdige het wyse raad; wat hy sê, is regverdig. Die gebooie van sy God is in sy hart. Hy sal nie ’n voet verkeerd sit nie. Die goddelose wag die regverdige in, en wag vir die kans om hom dood te maak. Maar die HERE verhoed dat hy in hulle mag val sodat hulle hom skuldig kan bevind wanneer hy voor die gereg kom. Vertrou die HERE en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! Maar kyk na hulle wat eerlik en opreg is, want die toekoms van so ’n mens is vol vrede. Maar oortreders word saam vernietig; hulle toekoms sal tot ’n einde kom. Die HERE red die regverdiges; Hy is ’n toevlug in moeilike tye. Die HERE help hulle, en red hulle van goddelose mense. Hy red hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:23-40 Bybel vir almal (ABA)

Wanneer die Here tevrede is oor hoe 'n mens lewe, dan lei Hy hom en dan beskerm Hy hom. Wanneer so 'n mens val, dan val hy nie hard nie, want die Here hou sy hand vas. Ek is nou oud, maar vandat ek jonk was tot nou toe, het ek nie gesien dat die Here 'n mens los wat reg lewe nie, ek het ook nie gesien dat so 'n mens se nageslag nie kos het nie. Die mens wat reg lewe, kan die hele dag lank goed wees vir ander mense en vir hulle dinge leen, en sy nageslag laat dit goed gaan met ander mense. Jy moenie verkeerd doen nie, jy moet doen wat goed is, dan sal jy altyd in die land woon. Want die Here hou daarvan dat mense reg doen aan ander mense en Hy los nie die mense wat in Hom glo nie. Hy beskerm hulle altyd, maar Hy jaag die nageslag van die mense wat verkeerd doen, weg. Die mense wat reg lewe, sal die land kry en altyd daar woon. Wanneer die mens wat reg lewe, sy mond oopmaak en praat, dan wys hy dat hy wysheid het en dat hy reg wil doen aan ander mense. Hy weet wat die Here wil hê hy moet doen, en hy doen nie verkeerd nie. Die mens wat verkeerd doen, probeer om die mens wat reg doen, te vang wanneer hy iets verkeerd doen, hy wil hê dat hy moet sterf. Maar die Here los nie die mens wat reg doen nie, daardie mens is nie skuldig wanneer mense hom oordeel nie. Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe en jy moet lewe soos Hy wil hê. Dan sal Hy jou die hoof van die land laat word, en jy sal sien hoe die mense wat verkeerd doen, uit die land moet weggaan. Ek het gesien dat 'n mens wat verkeerd doen, ander mense verdruk, ek het gesien dat dit met hom goed gaan, hy lyk soos 'n boom wat altyd groen is. Maar toe ek weer daar verbykom, toe was hy nie meer daar nie. Ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie. Kyk hoe dit gaan met die goeie mens, die eerlike mens. Ja, die mens wat vrede wil hê, het 'n nageslag. Maar die mense wat opstandig is teen die Here, sal sterf. Die nageslag van die mense wat verkeerd doen, sal verdwyn. Dit is die Here wat die mense red wat reg doen, Hy beskerm hulle wanneer hulle swaarkry. Die Here help hulle en Hy maak hulle vry, Hy maak hulle vry van die mense wat verkeerd doen en Hy red hulle, want hulle vra dat Hy hulle moet beskerm.

PSALMS 37:23-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand. Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën. Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon; want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon. Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is. Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie. Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak. Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie. Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom. Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede. Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny. Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid. En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:23-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon, want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie. Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word. Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon. Wat die regverdige praat, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg. Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie. Die goddelose lê die regverdige voor en soek 'n kans om hom dood te maak, maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie. Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou. Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens geil opskiet soos 'n plant, en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie; ek het hom gesoek en hy was nêrens nie. Maar let nou op die eerbare mens, kyk na die opregte: die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms. Dié wat hulle teen die Here verset, word voor die voet uitgewis, die toekoms van die goddeloses word afgesny, maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood. Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:23-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Danksy die HERE stap 'n jong man met ferm treë; en die HERE is tevrede met sy lewenspad. As hy val, sal hy nie neerslaan nie want die HERE hou hom aan sy hand. Toe ek jonk was en selfs noudat ek oud geword het, het ek nie gesien dat 'n regverdige versaak word, of dat sy nageslag kos soek nie. Hy is altyd goedhartig en leen graag uit, sy nageslag is 'n seën vir ander. As jy die kwaad vermy en die goeie doen, sal jy vir altyd die land bewoon. Want die HERE het •geregtigheid lief en wie aan Hom getrou is, verlaat Hy nie; en hulle word vir altyd beskerm, maar die nageslag van goddeloses word uitgeroei. Regverdiges sal die land besit en vir altyd daarin woon. Die mond van 'n regverdige prewel wysheid en sy tong praat wat reg is. Die wet van sy God is in sy hart, sy voete sal nie struikel nie. 'n Goddelose hou die regverdige dop, en is daarop uit om hom dood te maak. Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en veroordeel hom nie wanneer hy teregstaan nie. Wag op die HERE, en hou by sy pad, dan sal Hy jou aansien gee om grond te besit. Jy sal toekyk wanneer goddeloses uitgeroei word. Ek het 'n goddelose gesien, 'n gewelddadige, wat gedy het soos 'n lowerryke, inheemse boom, maar toe iemand weer daar verbygaan, was hy weg! En toe ek hom soek, was hy nêrens te vinde nie. Let maar op 'n onbesproke mens, kyk maar na 'n opregte, want 'n vredeliewende mens het 'n toekoms; maar oortreders word almal saam uitgedelg, die toekoms van goddeloses word kortgeknip. Regverdiges se verlossing kom van die HERE – hulle toevlug in 'n tyd van verdrukking. Die HERE help hulle en bevry hulle. Hy bevry hulle van goddeloses en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:23-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Die voetstappe van 'n goeie man word deur die HERE bepaal, en hy het behae in sy weg. Al val hy, hy sal nie met die ban neergewerp word nie, want die HERE ondersteun hom met Sy hand. Ek was jonk, en nou is ek oud; maar Ek het die regverdige nie verlate gesien nie, en ook nie sy nageslag wat brood soek nie. Hy is altyd barmhartig en leen uit; en sy saad is geseën. Gaan weg van die kwaad en doen goed; en bly tot in ewigheid. Want die HERE het die reg lief en Hy verlaat sy gunsgenote nie; hulle word vir ewig bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. Die regverdiges sal die land beërwe en vir ewig daarin woon. Die mond van die regverdige spreek wysheid, en sy tong spreek van oordeel. Die wet van sy God is in sy hart; geen van sy treë sal gly nie. Die goddelose kyk na die regverdige en soek om hom dood te maak. Die HERE sal hom nie in sy hand laat nie en hom nie veroordeel as hy geoordeel word nie. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog om die land te besit; as die goddelose uitgeroei word, sal jy dit sien. Ek het gesien hoe die goddelose in groot mag was en homself versprei soos 'n groen lourierboom. Maar hy het gesterf, en kyk, hy was nie; ja, ek het hom gesoek, maar hy kon nie gevind word nie. Let op die volmaakte man, en aanskou die opregte, want die einde van daardie man is vrede. Maar die oortreders sal saam verdelg word; die einde van die goddelose word uitgeroei. Maar die heil van die regverdiges is uit die HERE; Hy is hulle sterkte in die tyd van benoudheid. En die HERE sal hulle help en hulle red; Hy sal hulle red van die goddelose en hulle red, omdat hulle op Hom vertrou.

PSALMS 37:23-40 Die Boodskap (DB)

Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is. Hy laat dit goed gaan met hulle. As hulle op die grond neerslaan, bly hulle nie lê nie. Die Here kom buk by hulle en tel hulle weer op. Ek is nou al oud, maar ek het nog nie gesien dat mense wat reg voor God leef ooit alleen is nie. Nêrens staan gelowiges op straathoeke en bedel nie. Hulle kinders gaan slaap nooit honger nie. Gelowiges gee regtig om vir ander mense. Hulle klou nie aan hulle geld vas nie. Hulle leen geld sonder om rente te hef. Ook met hulle kinders sal dit goed gaan. Moenie die verkeerde doen nie. Doen net goeie dinge, dan sal jy vir altyd naby aan Hom leef. Die Here hou baie van almal wat reg optree. Sulke mense los Hy nooit alleen nie. Hy sal hulle altyd beskerm, maar slegte mense verdwyn soos mis voor die son. Hulle word uitgeroei. Die Here se kinders sal die land kry en vir altyd daarin lewe. Die monde van mense wat reg lewe, praat wyse dinge. Hulle sê die regte dinge. God se wil oorheers hulle lewe; daarom verdwaal hulle nooit in die sonde nie. Hulle slaan nie neer in die gemors nie. Slegte mense probeer goeie mense doodmaak. Hulle soek ’n kans om mense wat reg lewe, by te kom. Maar die Here pas sy kinders op. Hy laat hulle nie in die hand kom van mense wat sonder Hom leef nie. Hy laat nie toe dat hulle skuldig bevind word nie. Hou die Here se hand styf vas; doen net wat Hy sê. Op die regte oomblik sal Hy jou hoog bo al jou probleme uitlig. Hy sal sorg dat reg aan jou geskied wanneer jy voor die hof gedaag is. Jy sal sien hoe die sondaars ondergaan. Ek het al baie keer gesien hoe gewetenlose mense wat sonder God leef met ’n groot lawaai op die toneel verskyn, maar toe ek weer kyk, was hulle weg. Net mooi niks het van hulle oorgebly nie. Maar kyk ’n bietjie na mense wat na die Here luister, mense van vrede. Hulle het ’n toekoms. Mense wat hulle nie aan die Here steur nie, leef in ’n doodloopstraat. Hulle word uitgeroei. Hulle het geen toekoms nie. Maar mense wat reg lewe, word deur die Here gehelp. Hulle skuil by Hom. Hy red hulle as hulle die dag swaarkry. Die Here gee baie vir hulle om. Daarom red Hy hulle wanneer slegte mense hulle wil seermaak. By die Here is daar redding. Altyd!