PSALMS 37:1-40

PSALMS 37:1-40 Bybel vir almal (ABA)

Van Dawid. Jy moenie kwaad word oor wat slegte mense doen nie, jy moenie ontsteld wees oor mense wat slegte dinge doen nie, want gras verlep gou, en groen plante word droog, en so sal dit gaan met daardie mense. Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe het en jy moet goeie dinge doen. Dan sal jy in hierdie land woon en jy sal veilig wees. As jy gelukkig voel omdat jy aan die Here behoort, dan sal Hy vir jou alles gee wat jy wil hê. Jy moet glo dat die Here jou op jou pad sal lei en dat Hy sal doen wat Hy belowe het. As jy dit glo, dan sal Hy dit doen en Hy sal vir almal wys dat jy onskuldig is, Hy sal vir almal sê jy is iemand wat reg doen. Jy moet stilbly en geduldig wag totdat die Here iets doen. Jy moenie kwaad word wanneer dit goed gaan met iemand wat skelm planne maak nie. Jy moenie kwaad en ontsteld word nie, jy moet dit los. Jy moenie kwaad word nie, dit bring net probleme. Want mense wat slegte dinge doen, sal moet weggaan uit die land. Die mense wat glo dat die Here hulle sal red, húlle sal die land kry. Oor 'n kort tydjie sal die mense wat verkeerd doen, weg wees. Jy sal kyk na die plek waar hulle was, en hulle sal nie daar wees nie. Maar die mense wat hulleself nie kan help nie, sal die land kry en hulle sal gelukkig voel omdat alles goed sal gaan. Die mens wat verkeerd doen, maak slim planne teen die mens wat reg doen, hy wil hom laat sterf. Maar die Here lag vir die mense wat verkeerd doen, want Hy weet wat met hulle sal gebeur. Die mense wat verkeerd doen, vat die swaard en hulle trek die boog styf, hulle wil die mense doodmaak wat hulleself nie kan beskerm nie en wat niks het nie, hulle wil die mense vermoor wat eerlik lewe. Maar hulle swaard sal deur hulle eie hart steek, en hulle boog sal stukkend breek. Wanneer die mens wat reg lewe, min het, dan is dit beter as die baie dinge wat die mense het wat verkeerd doen, want die Here sal die mense wat verkeerd doen, swak laat word, maar Hy beskerm die mense wat reg doen. Die Here sorg altyd vir mense wat net goed doen, en die land sal altyd hulle land wees. Hulle sal weet wat om te doen wanneer dit sleg gaan, en wanneer daar min kos in die land is, dan sal hulle genoeg hê om te eet. Maar die mense wat verkeerd doen, sal sterf. Die vyande van die Here is soos die veldblomme, hulle verdwyn in die rook en hulle is weg. Die mens wat verkeerd doen, leen van ander mense en hy gee nie terug nie. Die mens wat reg doen, is iemand wat vir ander mense goed is en wat gee. Wanneer die Here mense seën, dan sal hulle die land kry, wanneer Hy mense vervloek, dan jaag Hy hulle weg uit die land. Wanneer die Here tevrede is oor hoe 'n mens lewe, dan lei Hy hom en dan beskerm Hy hom. Wanneer so 'n mens val, dan val hy nie hard nie, want die Here hou sy hand vas. Ek is nou oud, maar vandat ek jonk was tot nou toe, het ek nie gesien dat die Here 'n mens los wat reg lewe nie, ek het ook nie gesien dat so 'n mens se nageslag nie kos het nie. Die mens wat reg lewe, kan die hele dag lank goed wees vir ander mense en vir hulle dinge leen, en sy nageslag laat dit goed gaan met ander mense. Jy moenie verkeerd doen nie, jy moet doen wat goed is, dan sal jy altyd in die land woon. Want die Here hou daarvan dat mense reg doen aan ander mense en Hy los nie die mense wat in Hom glo nie. Hy beskerm hulle altyd, maar Hy jaag die nageslag van die mense wat verkeerd doen, weg. Die mense wat reg lewe, sal die land kry en altyd daar woon. Wanneer die mens wat reg lewe, sy mond oopmaak en praat, dan wys hy dat hy wysheid het en dat hy reg wil doen aan ander mense. Hy weet wat die Here wil hê hy moet doen, en hy doen nie verkeerd nie. Die mens wat verkeerd doen, probeer om die mens wat reg doen, te vang wanneer hy iets verkeerd doen, hy wil hê dat hy moet sterf. Maar die Here los nie die mens wat reg doen nie, daardie mens is nie skuldig wanneer mense hom oordeel nie. Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe en jy moet lewe soos Hy wil hê. Dan sal Hy jou die hoof van die land laat word, en jy sal sien hoe die mense wat verkeerd doen, uit die land moet weggaan. Ek het gesien dat 'n mens wat verkeerd doen, ander mense verdruk, ek het gesien dat dit met hom goed gaan, hy lyk soos 'n boom wat altyd groen is. Maar toe ek weer daar verbykom, toe was hy nie meer daar nie. Ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie. Kyk hoe dit gaan met die goeie mens, die eerlike mens. Ja, die mens wat vrede wil hê, het 'n nageslag. Maar die mense wat opstandig is teen die Here, sal sterf. Die nageslag van die mense wat verkeerd doen, sal verdwyn. Dit is die Here wat die mense red wat reg doen, Hy beskerm hulle wanneer hulle swaarkry. Die Here help hulle en Hy maak hulle vry, Hy maak hulle vry van die mense wat verkeerd doen en Hy red hulle, want hulle vra dat Hy hulle moet beskerm.

PSALMS 37:1-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

'N PSALM van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer; en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag. Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie. He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig. Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit. Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede. Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom. Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom. Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg. Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word. Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose; want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges. Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word. Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn. Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee; want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word. Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand. Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie. Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën. Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon; want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon. Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is. Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie. Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak. Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie. Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom. Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede. Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny. Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid. En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:1-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land. Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; 'n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie. Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart. Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe. Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom. Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die arme dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor. Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref en hulle boë sal stukkend gebreek word. Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses, want die mag van die goddeloses sal verbreek word, maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges. Die Here sorg vir die lewe van die opregtes, en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe. In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê. Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan; soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn. Die goddelose leen en betaal nie terug nie, die regverdige kry jammer en help. Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit; maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word. Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon, want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie. Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word. Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon. Wat die regverdige praat, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg. Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie. Die goddelose lê die regverdige voor en soek 'n kans om hom dood te maak, maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie. Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou. Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens geil opskiet soos 'n plant, en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie; ek het hom gesoek en hy was nêrens nie. Maar let nou op die eerbare mens, kyk na die opregte: die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms. Dié wat hulle teen die Here verset, word voor die voet uitgewis, die toekoms van die goddeloses word afgesny, maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood. Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:1-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor die kwaaddoeners nie; moenie afgunstig wees op hulle wat kwaadwillig optree nie, want soos gras verdor hulle vinnig, en soos groen plante verwelk hulle. Vertrou op die HERE en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid. Vind jou vreugde in die HERE, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer. Vertrou jou lewenspad aan die HERE toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree. Hy sal jou •geregtigheid soos die oggendlig laat verskyn en jou reg soos die middagson. Wees stil voor die HERE, en krimp ineen van vrees voor Hom. Moet jou nie ontstel oor iemand wat sukses behaal op sy lewenspad nie, oor 'n mens wat komplotte smee nie. Moenie kwaad word nie en laat vaar die woede; moet jou nie ontstel nie, dit bring net kwaad. Want kwaaddoeners sal vernietig word, maar wie op die HERE wag – hulle sal die land besit. Nog net 'n rukkie, dan sal daar geen goddelose meer wees nie. Jy sal sy plek dophou, maar hy sal nie daar wees nie. Die verdruktes sal die land besit en hulle verlustig in die oorvloed vrede. 'n Goddelose beplan onheil teen die regverdige en kners op sy tande vir hom. My Heer lag vir hom, want Hy sien dat sy dag kom. Goddeloses trek die swaard en span hulle boog om die magtelose en behoeftige neer te vel, om dié wat opreg leef, af te slag. Hulle swaard sal hulle eie hart binnedring, en hulle boë sal gebreek word. Die bietjie wat 'n regverdige het, is beter as die oorvloed van baie goddeloses. Want die arms van goddeloses sal gebreek word, maar die HERE ondersteun regverdiges. Die HERE dra sorg vir die lewensdae van hulle wat onberispelik leef: Hulle erfdeel bly vir altyd behoue. Hulle sal nie beskaamd staan in 'n tyd van teenspoed nie, en in tye van hongersnood is hulle versadig. Maar goddeloses gaan tot niet, die vyande van die HERE – soos kosbare weiveld verdwyn hulle, in 'n rookwolk verdwyn hulle. 'n Goddelose leen en betaal nie terug nie, maar 'n regverdige is goedhartig en mededeelsaam. Ja, wie deur Hom geseën is, sal die land besit, maar wie deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word. Danksy die HERE stap 'n jong man met ferm treë; en die HERE is tevrede met sy lewenspad. As hy val, sal hy nie neerslaan nie want die HERE hou hom aan sy hand. Toe ek jonk was en selfs noudat ek oud geword het, het ek nie gesien dat 'n regverdige versaak word, of dat sy nageslag kos soek nie. Hy is altyd goedhartig en leen graag uit, sy nageslag is 'n seën vir ander. As jy die kwaad vermy en die goeie doen, sal jy vir altyd die land bewoon. Want die HERE het •geregtigheid lief en wie aan Hom getrou is, verlaat Hy nie; en hulle word vir altyd beskerm, maar die nageslag van goddeloses word uitgeroei. Regverdiges sal die land besit en vir altyd daarin woon. Die mond van 'n regverdige prewel wysheid en sy tong praat wat reg is. Die wet van sy God is in sy hart, sy voete sal nie struikel nie. 'n Goddelose hou die regverdige dop, en is daarop uit om hom dood te maak. Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en veroordeel hom nie wanneer hy teregstaan nie. Wag op die HERE, en hou by sy pad, dan sal Hy jou aansien gee om grond te besit. Jy sal toekyk wanneer goddeloses uitgeroei word. Ek het 'n goddelose gesien, 'n gewelddadige, wat gedy het soos 'n lowerryke, inheemse boom, maar toe iemand weer daar verbygaan, was hy weg! En toe ek hom soek, was hy nêrens te vinde nie. Let maar op 'n onbesproke mens, kyk maar na 'n opregte, want 'n vredeliewende mens het 'n toekoms; maar oortreders word almal saam uitgedelg, die toekoms van goddeloses word kortgeknip. Regverdiges se verlossing kom van die HERE – hulle toevlug in 'n tyd van verdrukking. Die HERE help hulle en bevry hulle. Hy bevry hulle van goddeloses en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:1-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Moenie jou bekommer oor die kwaaddoeners nie, en wees nie afgunstig op die werkers van ongeregtigheid nie. Want hulle sal gou afgekap word soos die gras en verdor soos die groen plante. Vertrou op die HERE en doen goed; so sal jy in die land woon, en voorwaar, jy sal gevoed word. Verlustig jou ook in die HERE; en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart. Laat jou weg aan die HERE oor; vertrou ook op Hom; en hy sal dit laat gebeur. En Hy sal jou geregtigheid voortbring soos die lig en jou oordeel soos die middag. Rus in die HERE en wag geduldig op Hom; wees nie kwel oor hom wat voorspoedig is op sy weg, oor die man wat slegte planne uitwerk nie. Hou op van toorn en laat vaar die toorn; moenie kwaad wees in enige opsig om kwaad te doen nie. Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word, maar die wat op die HERE wag, hulle sal die aarde beërwe. Want nog 'n klein tydjie, en die goddelose sal nie wees nie; ja, jy moet ywerig ag op sy plek, en dit sal nie wees nie. Maar die sagmoediges sal die aarde beërwe; en hulle sal hulle verlustig in die oorvloed van vrede. Die goddelose plan 'n sameswering teen die regverdige en kners op hom met sy tande. Die HERE sal oor hom lag, want hy sien dat sy dag kom. Die goddelose het die swaard uitgetrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftiges neer te werp en die wat opregte wandel is, dood te maak. Hulle swaard sal in hulle eie hart ingaan, en hulle boë sal verbreek word. 'n Bietjie wat 'n regverdige het, is beter as die rykdom van baie goddeloses. Want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal vir ewig wees. Hulle sal nie beskaamd staan in die tyd van onheil nie, en in die dae van hongersnood sal hulle versadig word. Maar die goddelose sal omkom, en die vyande van die HERE sal wees soos die vet van lammers: hulle sal verteer; in rook sal hulle verteer. Die goddelose leen en betaal nie terug nie, maar die regverdige bewys barmhartigheid en gee. Want die wat deur hom geseën word, sal die aarde beërwe; en die wat deur hom vervloek is, sal uitgeroei word. Die voetstappe van 'n goeie man word deur die HERE bepaal, en hy het behae in sy weg. Al val hy, hy sal nie met die ban neergewerp word nie, want die HERE ondersteun hom met Sy hand. Ek was jonk, en nou is ek oud; maar Ek het die regverdige nie verlate gesien nie, en ook nie sy nageslag wat brood soek nie. Hy is altyd barmhartig en leen uit; en sy saad is geseën. Gaan weg van die kwaad en doen goed; en bly tot in ewigheid. Want die HERE het die reg lief en Hy verlaat sy gunsgenote nie; hulle word vir ewig bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. Die regverdiges sal die land beërwe en vir ewig daarin woon. Die mond van die regverdige spreek wysheid, en sy tong spreek van oordeel. Die wet van sy God is in sy hart; geen van sy treë sal gly nie. Die goddelose kyk na die regverdige en soek om hom dood te maak. Die HERE sal hom nie in sy hand laat nie en hom nie veroordeel as hy geoordeel word nie. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog om die land te besit; as die goddelose uitgeroei word, sal jy dit sien. Ek het gesien hoe die goddelose in groot mag was en homself versprei soos 'n groen lourierboom. Maar hy het gesterf, en kyk, hy was nie; ja, ek het hom gesoek, maar hy kon nie gevind word nie. Let op die volmaakte man, en aanskou die opregte, want die einde van daardie man is vrede. Maar die oortreders sal saam verdelg word; die einde van die goddelose word uitgeroei. Maar die heil van die regverdiges is uit die HERE; Hy is hulle sterkte in die tyd van benoudheid. En die HERE sal hulle help en hulle red; Hy sal hulle red van die goddelose en hulle red, omdat hulle op Hom vertrou.

PSALMS 37:1-40 Die Boodskap (DB)

Moenie jou energie mors om heeltyd oor slegte mense te praat nie. Moenie loop en kla dat hulle loskom met hulle skelmstreke nie. Moenie op hulle jaloers wees nie. Hulle verdwyn sommer op ’n dag. Vandag is hulle daar; môre is hulle weg. Glo liewer in die Here. Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg. Hy sal jou op die regte pad hou. Die Here sal vir almal wys dat jy reg leef. Buig laag voor die Here. Wag op Hom sonder om veel te sê. Hou op om jou so om te krap oor hoe goed dit met skelms gaan. Moenie kwaad word oor alles wat hulle doen nie. Op die ou end bring dit net vir jou moeilikheid. Slegte mense sal die een of ander tyd verdwyn. Net mense wat in die Here glo, sal dan oorbly. Die land sal aan hulle behoort. Net ’n klein rukkie nog, dan sal daar nie meer mense wees wat niks van God wil weet nie. Jy sal na hulle soek, maar hulle sal weg wees. Maar mense wat nie te veel van hulleself dink nie, sal die hele aarde erf. Hulle sal bly wees oor hoe goed dit met hulle gaan. Slegte mense hou niks van die Here se kinders nie. Hulle probeer dié mense uit die weg ruim. Maar die Here lag vir hulle. Hy weet hulle tyd raak min! Hulle dag kom. Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak, maar binnekort is hulle almal dood. Mense wat sonder God leef, sal deur hulle eie toedoen doodgaan. Al hulle wapens sal vernietig word. Dis beter om net ’n paar besittings te hê en die Here lief te hê as om ’n sak vol geld te hê, maar jy glo nie in Hom nie. Onthou: slegte mense sal nie vir altyd baasspeel hier op aarde nie. Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle. Hy sorg altyd vir hulle. Wat hulle geërf het, behou hulle vir altyd. Wanneer almal rondom hulle swaarkry, sal hulle genoeg hê om van te leef. As ander honger ly, sal hulle genoeg hê om hulle versadig te eet. Maar die Here se vyande sal in rook en vlamme vergaan. Mense wat sonder God leef, sal tot niet gaan. Mense wat sonder God leef, leen geld by ander, maar betaal dit nooit terug nie. Goeie mense kry ander mense jammer en help hulle. Mense met wie die Here tevrede is, sal eendag alles op die aarde besit. Maar mense vir wie die Here sy rug keer, sal ondergaan. Hulle sal uitgeroei word. Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is. Hy laat dit goed gaan met hulle. As hulle op die grond neerslaan, bly hulle nie lê nie. Die Here kom buk by hulle en tel hulle weer op. Ek is nou al oud, maar ek het nog nie gesien dat mense wat reg voor God leef ooit alleen is nie. Nêrens staan gelowiges op straathoeke en bedel nie. Hulle kinders gaan slaap nooit honger nie. Gelowiges gee regtig om vir ander mense. Hulle klou nie aan hulle geld vas nie. Hulle leen geld sonder om rente te hef. Ook met hulle kinders sal dit goed gaan. Moenie die verkeerde doen nie. Doen net goeie dinge, dan sal jy vir altyd naby aan Hom leef. Die Here hou baie van almal wat reg optree. Sulke mense los Hy nooit alleen nie. Hy sal hulle altyd beskerm, maar slegte mense verdwyn soos mis voor die son. Hulle word uitgeroei. Die Here se kinders sal die land kry en vir altyd daarin lewe. Die monde van mense wat reg lewe, praat wyse dinge. Hulle sê die regte dinge. God se wil oorheers hulle lewe; daarom verdwaal hulle nooit in die sonde nie. Hulle slaan nie neer in die gemors nie. Slegte mense probeer goeie mense doodmaak. Hulle soek ’n kans om mense wat reg lewe, by te kom. Maar die Here pas sy kinders op. Hy laat hulle nie in die hand kom van mense wat sonder Hom leef nie. Hy laat nie toe dat hulle skuldig bevind word nie. Hou die Here se hand styf vas; doen net wat Hy sê. Op die regte oomblik sal Hy jou hoog bo al jou probleme uitlig. Hy sal sorg dat reg aan jou geskied wanneer jy voor die hof gedaag is. Jy sal sien hoe die sondaars ondergaan. Ek het al baie keer gesien hoe gewetenlose mense wat sonder God leef met ’n groot lawaai op die toneel verskyn, maar toe ek weer kyk, was hulle weg. Net mooi niks het van hulle oorgebly nie. Maar kyk ’n bietjie na mense wat na die Here luister, mense van vrede. Hulle het ’n toekoms. Mense wat hulle nie aan die Here steur nie, leef in ’n doodloopstraat. Hulle word uitgeroei. Hulle het geen toekoms nie. Maar mense wat reg lewe, word deur die Here gehelp. Hulle skuil by Hom. Hy red hulle as hulle die dag swaarkry. Die Here gee baie vir hulle om. Daarom red Hy hulle wanneer slegte mense hulle wil seermaak. By die Here is daar redding. Altyd!

PSALMS 37:1-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Moenie jou vererg oor boosdoeners nie. Moenie die kwaaddoeners beny nie. Want soos gras verlep hulle gou. Soos plante verdroog hulle vinnig. Vertrou op die HERE en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. Wees bly in die HERE, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die HERE. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die lig, en die regverdigheid van jou saak soos die middagson. Wees stil in die HERE, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie. Moenie kwaad word nie; laat staan liewer jou woede. Moenie ander beny nie; dit lei net tot jou nadeel. Want die bose mense sal vernietig word, maar dié wat op die HERE vertrou, sal die land besit. Binnekort sal die boosdoeners nie meer daar wees nie; al soek jy na hulle, sal jy hulle nie kry nie. Maar sagmoediges sal die land besit, hulle sal oorvloedige vrede geniet. Die goddelose sweer saam teen die regverdiges en kners op die tande vir hulle. Maar die Here lag vir hom, want Hy sien sy dag van oordeel kom al nader. Die goddelose trek die swaard en span die boog om die armes en behoeftiges tot ’n val te bring, om hulle wat reg doen, dood te maak. Maar hulle swaard sal hulle eie hart deurboor en hulle boog sal stukkend gebreek word. Dit is beter om vroom te wees en min te besit as om boos te wees en baie besittings te hê. Want die mag van die bose sal verpletter word, maar die HERE sal die regverdiges beskerm. Die HERE ken die lewensdae van die opregtes, en hulle erfdeel sal vir altyd bly bestaan. In slegte tye sal hulle nie verleë wees nie; selfs in hongersnood sal hulle genoeg hê. Maar die goddelose sal vergaan. Die vyande van die HERE sal wees soos mooi weivelde wat soos rook verdwyn. Die goddelose leen en betaal nie terug nie, maar die regverdige gee vrygewig. Hulle vir wie die HERE seën, sal die land besit, maar hulle wat Hy vervloek, sal uitgeroei word. Die HERE bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die HERE hou sy hand vas. Ek was jonk, en nou is ek oud. Maar ’n regverdige mens wat verlate is, het ek nooit gesien nie, of dat sy kinders vir kos moes bedel nie. Hy leen altyd ruimskoots aan ander, en sy kinders is tot ’n seën. Vermy die kwaad en doen wat goed is, dan sal jy vir altyd woon in die land. Want die HERE het die reg lief, en sal sy getroue dienaars nie verlaat nie. Hy sal hulle vir altyd veilig bewaar, maar die goddelose se kinders sal vergaan. Die regverdiges sal die land besit en daar vir altyd woon. Die regverdige het wyse raad; wat hy sê, is regverdig. Die gebooie van sy God is in sy hart. Hy sal nie ’n voet verkeerd sit nie. Die goddelose wag die regverdige in, en wag vir die kans om hom dood te maak. Maar die HERE verhoed dat hy in hulle mag val sodat hulle hom skuldig kan bevind wanneer hy voor die gereg kom. Vertrou die HERE en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! Maar kyk na hulle wat eerlik en opreg is, want die toekoms van so ’n mens is vol vrede. Maar oortreders word saam vernietig; hulle toekoms sal tot ’n einde kom. Die HERE red die regverdiges; Hy is ’n toevlug in moeilike tye. Die HERE help hulle, en red hulle van goddelose mense. Hy red hulle, want hulle skuil by Hom.