PSALMS 35:1-3
PSALMS 35:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp! En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
PSALMS 35:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. Here, U moet sê die mense wat my beskuldig, is self skuldig, U moet oorlog maak teen die mense wat oorlog maak teen my. U moet die groot skild en die klein skild gryp en U moet my kom help. U moet die spies vat en die mense keer wat my jaag en my wil vang, U moet vir my sê dat U my sal red.
PSALMS 35:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp! En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
PSALMS 35:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. Behartig my saak teen dié wat my aankla, Here, tree op teen my vyande, gryp die skilde en kom help my. Vat die spies en keer my vervolgers. Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!”
PSALMS 35:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. Voer 'n regstryd, HERE, teen dié wat my aankla, veg teen dié wat met my veg. Neem 'n klein- en 'n grootskild, en staan op om my te help. Trek die spies en lans uit, om my vervolgers tegemoet te gaan. Sê vir my: “Ek is jou verlossing!”
PSALMS 35:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pleit my saak, HERE, met die wat met my twis, veg teen die wat teen my veg. Gryp die skild en die swaard, en staan op vir my hulp. Trek ook die spies uit en stop die weg teen die wat my vervolg; sê vir my siel: Ek is jou heil.
PSALMS 35:1-3 Die Boodskap (DB)
Here, baklei vir my teen hulle wat met my baklei. Veg teen hulle wat teen my veg. Kom help my teen mense wat my aanval. Keer daardie mense wat agter my aanloop om my tot ’n val te bring. Gee my weer nuwe moed! Sê hard en duidelik vir my: “Ek sal jou red.” Keer daardie spul wat my wil doodmaak. Loop bo-oor hulle.