PSALMS 29:1-2
PSALMS 29:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!
PSALMS 29:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Psalm van Dawid. Julle almal wat in die hemel woon, julle moet die Here prys, julle moet Hom prys, want Hy is Koning, Hy is sterk. Julle moet die Naam van die Here prys, want Hy is Koning. Julle moet voor die Here buig wanneer Hy verskyn, Hy is heilig.
PSALMS 29:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Psalm van Dawid. Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om sy eer en mag! Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning!
PSALMS 29:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Psalm. Van Dawid. Gee eer aan die HERE, godeseuns! Gee eer aan die HERE vir sy heerlikheid en krag! Gee eer aan die HERE vir die heerlikheid van sy Naam! Buig in aanbidding voor die HERE in sy glansryke heiligheid.
PSALMS 29:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gee aan die HERE, o helde, gee aan die HERE eer en sterkte. Gee aan die HERE die eer wat sy Naam toekom; aanbid die HERE in die skoonheid van heiligheid.