PSALMS 27:9-10
PSALMS 27:9-10 Bybel vir almal (ABA)
U moenie keer wanneer ek U wil dien nie, U moenie vir my wegstuur nie. U het my altyd gehelp, moenie my nou los nie, moenie weggaan van my nie, want U is die God wat my red. My pa en my ma sal my miskien los, maar die Here sal my by Hom hou.
PSALMS 27:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil! Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.
PSALMS 27:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is die God wat my red. Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.
PSALMS 27:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moet u gesig nie vir my verberg nie, moet u dienskneg nie in toorn wegwys nie. U was my Helper, moet my nie verstoot of verlaat nie, God wat my red. Selfs al verlaat my vader en moeder my, die HERE sal my aanneem.
PSALMS 27:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verberg u aangesig nie ver van my nie; Verwyder u kneg nie in toorn nie: U was vir my tot hulp; verlaat my nie en verlaat my nie, o God van my heil! Wanneer my vader en my moeder my verlaat, dan sal die HERE my opneem.
PSALMS 27:9-10 Die Boodskap (DB)
Moet tog nie maak of U my nie hoor nie. Moenie my wegjaag omdat U vir my kwaad is nie. U het my in die verlede gehelp. Stoot my nie weg van U af nie. Los my nie alleen nie. U is die God wat my red. Selfs al wil my pa en ma niks met my te doen hê nie, sal die Here self vir my sorg.
PSALMS 27:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie U vir my verberg nie, of u dienaar in toorn verwerp nie. U was nog altyd my helper. Moenie my nou verlaat nie; moenie my in die steek laat nie, God van my verlossing! Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die HERE sal my styf vashou.