PSALMS 25:6-7
PSALMS 25:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moet onthou hoe U altyd jammer was vir my, hoe U altyd gedoen het wat U belowe het. Here, U moenie dink aan die sondes wat ek gedoen het toe ek jonk was nie, U moenie daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet aan my dink omdat U altyd doen wat U belowe het, omdat U goed is.
PSALMS 25:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af. Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
PSALMS 25:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het. Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie. Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.
PSALMS 25:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dink aan u barmhartigheid en u troue liefde, HERE, want dit is van altyd af daar. Aan die sondes van my jeug en my oortredings moet U nie dink nie; dink aan my in u troue liefde, omdat U goed is, HERE.
PSALMS 25:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dink, o HERE, aan U barmhartighede en U goedertierenhede; want hulle was altyd van ouds. Dink nie aan die sondes van my jeug en aan my oortredinge nie; dink aan my na U goedertierenheid om u goedertierenheid ontwil, o HERE.