PSALMS 18:30-36
PSALMS 18:30-36 Bybel vir almal (ABA)
Ja, wanneer U by my is, dan kan ek 'n klomp mense aanval, wanneer my God by my is, dan kan ek oor 'n hoë muur spring. Wat God doen, is alles reg, wat die Here sê, is altyd waar. Hy is soos 'n skild vir almal wat na Hom toe vlug. Die Here is die enigste God, net ons God is 'n rots. Hy is die God wat my sterk maak vir die oorlog, Hy laat my veilig lewe. Hy laat my so vas staan soos 'n ribbok, Hy laat my veilig staan op hoë plekke. Hy leer vir my om oorlog te maak, Hy maak my arms sterk sodat ek die snaar van 'n brons-boog styf kan trek. Die skild wat U vir my gee, red my lewe, U help my om regop te bly staan, U help my, en dit gaan goed met my.
PSALMS 18:30-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God? God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span. Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
PSALMS 18:30-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met u hulp loop ek 'n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots? God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. Hy leer my hande om oorlog te maak, my arms om selfs die stramste boog te span. Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, u regterhand het my ondersteun, deur u hulp het ek sterk geword.
PSALMS 18:30-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, met U hardloop ek 'n bende tegemoet, met my God spring ek oor 'n muur. God, sy weg is volmaak; die woord van die HERE is gelouter. Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. Ja, wie is God behalwe die HERE? Wie is 'n rots buiten ons God? God is die Een wat my met krag omgord en my pad gelyk maak. Hy maak my voete soos dié van wildsbokke; op hoë plekke laat Hy my vasstaan. Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, sodat my arms 'n bronsboog kan span. U het vir my u skild van verlossing gegee, u •regterhand ondersteun my en u antwoord maak my sterk.
PSALMS 18:30-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat God betref, sy weg is volmaak; die woord van die HERE is getoets; Hy is 'n skild vir almal wat op Hom vertrou. Want wie is God behalwe die HERE? of wie is 'n rots behalwe onse God? Dit is God wat my met krag omgord en my weg volmaak maak. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my op my hoogtes staan. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat 'n staalboog deur my arms gebreek word. U het my ook die skild van u heil gegee, en u regterhand het my vasgehou, en U sagmoedigheid het my groot gemaak. U het my voetstappe onder my vergroot, sodat my voete nie gegly het nie.
PSALMS 18:30-36 Die Boodskap (DB)
Dan sien ek vir alles kans. Ek sal ’n hele bende storm. Niks sal my kan keer nie. Ek spring oor ’n hoë muur. God se pad is volmaak. Jy kan alles glo wat Hy sê. Hy beskerm almal wat by Hom kom wegkruip. Want wie anders as die Here is die enigste ware God? En by wie anders kan ’n mens gaan wegkruip as by God? God gee my al die krag wat ek nodig het. Hy laat my voorspoedig gaan. Niemand kan my vang nie. Ek sal nie neerslaan nie. U wys my hoe om teen my vyande te veg en te wen. U maak my sterk. U self beskerm my en red my waar ek U nodig kry. U het moeite gedoen en my gehelp. U was baie goed vir my. Ek was ’n oorwinnaar.
PSALMS 18:30-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Met U loop ek ’n leër storm; met my God spring ek oor ’n muur. God se pad is volmaak. Die HERE se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. Want wie anders as die HERE is God? Wie anders as God is ’n rots? God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig. Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. Hy oefen my hande vir die geveg, my arms om ’n bronsboog te trek. U redding is vir my ’n skild. U regterhand ondersteun my; u hulp maak my sterk.