Psalms 18:30-36

Psalms 18:30-36 ABA

Ja, wanneer U by my is, dan kan ek 'n klomp mense aanval, wanneer my God by my is, dan kan ek oor 'n hoë muur spring. Wat God doen, is alles reg, wat die Here sê, is altyd waar. Hy is soos 'n skild vir almal wat na Hom toe vlug. Die Here is die enigste God, net ons God is 'n rots. Hy is die God wat my sterk maak vir die oorlog, Hy laat my veilig lewe. Hy laat my so vas staan soos 'n ribbok, Hy laat my veilig staan op hoë plekke. Hy leer vir my om oorlog te maak, Hy maak my arms sterk sodat ek die snaar van 'n brons-boog styf kan trek. Die skild wat U vir my gee, red my lewe, U help my om regop te bly staan, U help my, en dit gaan goed met my.