PSALMS 148:4-6
PSALMS 148:4-6 Die Boodskap (DB)
Alles in die verste ruimtes van die heelal, ver bokant die bloue hemel, kom loof Hom. Laat alles daar bo die Here vir sy grootheid prys. Hy het net ’n woord gesê, toe was alles daar. Vir elke ster, elke planeet in die hemel het Hy ’n spesifieke plek gegee. Sy natuurwette kan niemand oortree nie.
PSALMS 148:4-6 Bybel vir almal (ABA)
Die hoogste hemel moet Hom prys, en die water wat bokant die hemel is. Hulle moet die Naam van die Here prys, want Hy het dit beveel, en alles was daar. Hy het vir elkeen 'n plek gegee, vir altyd en altyd, Hy het gesê dit moet so wees, en dit is so.
PSALMS 148:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is! Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hý het bevel gegee — en hulle is geskape. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.
PSALMS 148:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie.
PSALMS 148:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Loof Hom, hoogste hemele en die water wat bo die hemelkoepel is! Laat hulle die Naam van die HERE loof, want dit is Hy wat bevel gegee het – en hulle is geskape. Hy het hulle gevestig vir altyd, vir ewig. Hy het 'n vaste orde bepaal wat nie verbygaan nie.
PSALMS 148:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Loof Hom, o hemele van die hemele, en waters wat bo die hemel is. Laat hulle die Naam van die HERE loof, want Hy het beveel, en hulle is geskape. Hy het hulle ook bevestig vir ewig en altyd
PSALMS 148:4-6 Die Boodskap (DB)
Alles in die verste ruimtes van die heelal, ver bokant die bloue hemel, kom loof Hom. Laat alles daar bo die Here vir sy grootheid prys. Hy het net ’n woord gesê, toe was alles daar. Vir elke ster, elke planeet in die hemel het Hy ’n spesifieke plek gegee. Sy natuurwette kan niemand oortree nie.