PSALMS 145:8-9
PSALMS 145:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is genadig, Hy is goed vir mense wat swaarkry, en Hy is geduldig. Hy doen altyd wat Hy belowe het. Die Here is goed vir almal, Hy is goed vir almal wat Hy gemaak het, vir almal wat swaarkry.
PSALMS 145:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
PSALMS 145:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.
PSALMS 145:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Genadig en barmhartig is die HERE, geduldig en groot in troue liefde. Die HERE is goed vir almal, en sy barmhartigheid strek oor al sy werke.
PSALMS 145:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is genadig en vol medelye; stadig tot toorn en groot barmhartigheid. Die HERE is goed vir almal, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
PSALMS 145:8-9 Die Boodskap (DB)
Mense sal dag en nag kan vertel van u goedheid. U het in die verlede gewys hoe lief U mense het. Mense sal van blydskap sing omdat U goeie dinge vir hulle doen. Die Here gee graag goeie dinge aan ons. Sy hart word gou sag. Hy is geduldig en het sy kinders baie lief. Vir almal is die Here goed.