PSALMS 134:1-3
PSALMS 134:1-3 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Luister, julle almal wat dienaars van die Here is, julle wat in die nag in die tempel werk, julle moet die Here prys. Julle moet julle hande uitsteek na die gewyde plek en julle moet die Here prys. Die Here wat die hemel en die aarde gemaak het, is in Sion, en ek bid dat Hy jou sal seën.
PSALMS 134:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N BEDEVAARTSLIED. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan! Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE! Mag die HERE jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het!
PSALMS 134:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Pelgrimslied. Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan! Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here! Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het.
PSALMS 134:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n •Pelgrimslied. Kom! Prys die HERE, julle almal, diensknegte van die HERE, wat snags diens verrig in die huis van die HERE. Hef julle hande op na die heiligdom en prys die HERE. Mag die HERE jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het.
PSALMS 134:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, loof die HERE, alle knegte van die HERE, wat snags in die huis van die HERE staan. Hef julle hande op in die heiligdom en loof die HERE. Die HERE wat hemel en aarde gemaak het, seën jou uit Sion.
PSALMS 134:1-3 Die Boodskap (DB)
Almal wat die Here dien, kom sê vir Hom baie dankie. Laat almal wat selfs in die nag die Here dien, dit doen. Lig julle hande in gebed op terwyl julle in sy woonplek is, terwyl julle vir die Here baie dankie sê. Mag die Here, wat alles gemaak het, vir jou baie goed wees.