PSALMS 131:1-2
PSALMS 131:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid. Here, ek dink nie dat ek belangrik is nie, ek is nie hoogmoedig nie, ek probeer nie om dinge te doen wat vir my te moeilik is nie. Nee, ek is tevrede met wat ek is, ek is soos 'n kind wat nie meer aan sy ma drink nie, 'n kind wat gelukkig is by sy ma.
PSALMS 131:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. O HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my.
PSALMS 131:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.
PSALMS 131:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n •Pelgrimslied. Van Dawid. HERE, my hart is nie hoogmoedig en my oë nie verwaand nie. Ek hou my nie besig met groot dade of wat te wonderbaar is vir my nie. Maar ek het my siel tot kalmte en bedaring gebring. Soos 'n kindjie by sy moeder, soos 'n kindjie, is my siel in my.
PSALMS 131:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
HERE, my hart is nie hoog nie, en my oë is nie hoog nie; en ek oefen my nie in groot sake of in dinge wat vir my te hoog is nie. Waarlik, ek het my gedra en my kalmeer soos 'n kind wat van sy moeder gespeen is; my siel is soos 'n gespeende kind.
PSALMS 131:1-2 Die Boodskap (DB)
Here, ek dink nie ek is beter as ander mense nie. Verder doen ek nie dinge net om raakgesien te word nie. As ek iets nie kan doen nie, los ek dit. Mense probeer soms dinge doen sodat ander hulle op ’n troontjie kan plaas. Dit laat hulle soos God lyk. Ek is tevrede soos ek is. Ek is soos ’n babatjie wat veilig in sy ma se arms lê. Die wêreld kan maar vergaan, maar ek voel veilig en tevrede. Dit gebeur as jy op die Here vertrou.