PSALMS 121:5-6
PSALMS 121:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here beskerm jou, Hy is altyd langs jou om jou te beskerm. Die son sal jou nie siek laat word in die dag nie, en die maan ook nie in die nag nie.
PSALMS 121:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
PSALMS 121:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
PSALMS 121:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is jou Beskermer; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie.
PSALMS 121:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is jou Bewaarder: die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie tref nie, en ook nie die maan snags nie.