PSALMS 119:89-96
PSALMS 119:89-96 Bybel vir almal (ABA)
Here, die dinge wat U vir ons gesê het, is altyd waar, dit staan vas in die hemel, dit verander nooit. U bly dieselfde vir elke geslag. U het die aarde gesit waar dit is, en dit is nog altyd daar. Alles is vandag nog daar, soos U besluit het, want almal doen wat U sê. Ek het geniet wat U vir ons leer. As dit nie so was nie, dan het ek gesterf, want ek kry swaar. Ek sal nooit vergeet wat U beveel het nie, want U het my so laat lewe. Ek behoort aan U, en U moet my red, want ek probeer om te doen wat U beveel. Die mense wat verkeerd doen, is gereed om my dood te maak, maar ek dink net aan wat U gesê het. Ek het gesien dat niks vir altyd aanhou nie, alles het 'n einde, maar u gebooie is oral en altyd daar.
PSALMS 119:89-96 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan. Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte. As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende. Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak. Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele. Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse. Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.
PSALMS 119:89-96 Afrikaans 1983 (AFR83)
U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde gemaak, en dit staan vas. Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe. As ek my nie in u wet verlustig het nie, het ek omgekom in my ellende. Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie, want deur hulle het U my in die lewe gehou. Ek behoort aan U, red my, want ek vra steeds wat u bevele is. Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig, u verordeninge sal ek in ag bly neem. Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het, net u gebod het geen begrensing nie.
PSALMS 119:89-96 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir ewig, HERE, staan u woord vas in die hemel. Van geslag tot geslag duur u trou; U het die aarde gevestig en dit hou stand. Volgens u beslissings hou dit vandag nog stand, want alles is u diensknegte. As u wet nie my vreugde was nie, sou ek in my ellende vergaan het. Tot in ewigheid sal ek u opdragte nie vergeet nie, want daardeur het U my lewend gemaak. Aan U behoort ek; verlos my, want na u opdragte streef ek. Goddeloses wag my in om my te vernietig; op u bepalings slaan ek ag. Ek het gesien aan alle volmaaktheid kom daar 'n einde, maar u gebod is besonder ruim.
PSALMS 119:89-96 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
GELAAM. Vir ewig, o HERE, is U woord vas in die hemel. U trou is van geslag tot geslag: U het die aarde gegrond, en dit bly staan. Hulle bly vandag volgens U verordeninge, want almal is U dienaars. As U wet nie my behae was nie, sou ek dan in my ellende omgekom het. Ek sal U bevele nooit vergeet nie, want daarmee het U my lewend gemaak. Ek is joune, red my; want ek het U bevele gesoek. Die goddelose het gewag dat ek my vernietig, maar ek sal U getuienisse in ag neem. Ek het 'n einde van alle volmaaktheid gesien, maar U gebod is baie wyd.
PSALMS 119:89-96 Die Boodskap (DB)
Here, alles wat U sê, gebeur presies net so in die hemel: altyd. U goedheid raak nooit uit die mode nie. U het net ’n woord gesê, toe staan die aarde daar! Alles wat U gemaak het, bestaan tot vandag toe. Alles buig voor U. As u Woord vir my nie soveel blydskap gebring het nie, het ek al lankal moed opgegee. So lank as wat ek leef, sal ek u voorskrifte in my hart bêre, want hulle het my lewe gered. Ek is U s’n, van kop tot tone. Red my, want ek wil elke dag agter U aanstap. Slegte mense staan reg om my dood te maak, maar ek doen net wat U sê. Alles wat mense doen, hoe goed dit ook al is, is vol foute, maar dit wat U in die wet sê, is foutloos; dit hou vir altyd!
PSALMS 119:89-96 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U woord, HERE, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. U trou is vir geslag na geslag, U het die aarde gevestig, en dit staan nog vas. U bepalings is vandag nog waar, want al hierdie dinge is u dienaars. As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. Ek behoort aan U; red my tog! Want ek vra na u bevele. Bose mense wag my in om my dood te maak, maar ek neem u waarskuwings in ag. Selfs volmaaktheid het sy perke, maar u gebooie ken geen grense nie.