PSALMS 119:56-62
PSALMS 119:56-62 Bybel vir almal (ABA)
Dit het met my gebeur omdat ek doen wat U beveel het. Here, ek het net vir U, ek het belowe dat ek sal doen wat U gesê het. Ek soebat en vra vir U met my hele hart, U moet genadig wees vir my, soos U belowe het. Wanneer ek dink aan hoe ek lewe, dan dink ek altyd weer aan wat U gesê het. Ek is haastig, ek wag nie, ek wil gehoorsaam wees aan u gebooie. Wanneer mense wat verkeerd doen, vir my in hulle vangnet wil vang, dan vergeet ek nie wat U vir ons geleer het nie. Ek staan in die middel van die nag op om vir U dankie te sê, want alles wat U besluit het, is reg.
PSALMS 119:56-62 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar. Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte. Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou. Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie. Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.
PSALMS 119:56-62 Afrikaans 1983 (AFR83)
Om u bevele uit te voer, is vir my die lewe. Ek het gesê: “Dít is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.” Ek smeek U met my hele hart: “Wees my genadig, soos U beloof het. Ek het die koers van my lewe oordink en na u verordeninge teruggekeer. Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou.” Die goddeloses wou my in hulle strikke kry, maar ek het u wet nie verontagsaam nie. Selfs in die middel van die nag staan ek op om U te loof vir u regverdige bepalings.
PSALMS 119:56-62 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit het deel geword van my – dat ek by u opdragte hou. U, HERE, is my deel, ek het onderneem om u woorde na te kom. Ek het met my hele hart u guns gesoek: Wees my genadig volgens u belofte. Ek het my paaie bedink en my voete teruggebring na u bepalings. Ek het my gehaas en nie getalm om u bevele na te kom nie. Die toue van goddeloses het my omstrengel, maar u wet het ek nie vergeet nie. In die middel van die nag staan ek op om U te prys oor u regverdige beslissings.
PSALMS 119:56-62 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit het ek gehad, omdat ekUu bevele onderhou het. CHETH. U is my deel, HERE, ek het gesê dat ek U woorde sal bewaar. Ek het u guns gesmeek met my hele hart; wees my genadig volgens U woord. Ek het gedink aan my weë en my voete teruggedraai na u getuienisse. Ek het my gehaas en nie versuim om U gebooie te onderhou nie. Die bendes van die goddelose het my beroof, maar ek het U wet nie vergeet nie. Teen middernag sal ek opstaan om U te loof ter wille van U regverdige oordele.
PSALMS 119:56-62 Die Boodskap (DB)
Om te doen wat U van my vra is my hele lewe! U is al wat vir my saak maak. Daarom doen ek net wat U vra. Met alles in my pleit ek by U: moenie u rug vir my keer nie. Doen goed aan my soos U belowe het. Ek het goed gaan kyk na my eie lewe, dis een groot deurmekaarspul; toe het ek besluit om dadelik terug te keer na U. Nou doen ek my bes om aan U gehoorsaam te wees. Selfs slegte mense het my laat probeer val, maar hulle kon my nie van u Woord af wegtrek nie. In die middel van die nag staan ek op om te bid, dan loof ek U omdat U so groot en goed is.
PSALMS 119:56-62 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is soos ek gedoen het, want ek het u bepalings gehoorsaam. HERE, ek behoort aan U! Ek sê ek wil u woord gehoorsaam. Met my hele hart soek ek U. Wees genadig soos U beloof het. Ek het my lewenspad oordink en het teruggedraai om volgens u voorwaardes te lewe. Ek wil gou maak en sonder versuim u gebooie gehoorsaam. Bande van bose mense verstrik my, maar ek vergeet nie u gebooie nie. Middernag staan ek op om U te dank vir u regverdige bepalings.