PSALMS 119:33-35
PSALMS 119:33-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou. Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde.
PSALMS 119:33-35 Bybel vir almal (ABA)
U moet vir my leer wat u wette beteken, sodat ek altyd kan doen wat die wette sê. U moet my help om te verstaan, sodat ek kan doen wat U vir my leer en sodat ek daaraan gehoorsaam kan wees met my hele hart. U moet my laat lewe soos u gebooie sê, want dit is vir my lekker.
PSALMS 119:33-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte. Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae.
PSALMS 119:33-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou. Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde.
PSALMS 119:33-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou. Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom. Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde.
PSALMS 119:33-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
HY. Leer my, o HERE, die weg van U insettinge; en ek sal dit tot die einde toe bewaar. Gee my insig, en ek sal U wet onderhou; ja, ek sal dit met my hele hart onderhou. Laat my gaan op die pad van U gebooie; want daarin het ek 'n welbehae.
PSALMS 119:33-35 Die Boodskap (DB)
Here, wys my wat U van my verwag, dan sal ek tot aan die einde van my lewe net doen wat U vra. Verander my manier van dink; maak my gedagtes vol met u wet! Dan sal ek heeltyd doen wat U sê. Laat my elke dag op die pad loop wat U voorskryf, want dit maak my baie gelukkig.
PSALMS 119:33-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Leer my, HERE, hoe om u voorskrifte uit te voer sodat ek hulle tot die einde toe kan nakom. Gee vir my insig dat ek kan leef volgens u gebooie, en dit van harte gehoorsaam. Laat my wandel volgens u gebooie, want dis waarin ek vreugde vind.