PSALMS 119:113-176

PSALMS 119:113-176 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Dubbelhartige mense haat ek, maar u wet het ek lief. My skuilplek en my skild is U; op u woord vestig ek my hoop. Gaan weg van my, julle kwaaddoeners, sodat ek by die gebooie van my God kan hou. Ondersteun my, volgens u woord, sodat ek kan lewe; laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie. Onderskraag my, sodat ek verlos kan word; ek wil voortdurend aan u voorskrifte aandag gee. U verwerp almal wat dwaal, weg van u voorskrifte af; want hulle bedrog is misleidend. Soos metaalskuim verwyder U al die goddeloses van die aarde; daarom het ek u bepalings lief. My lyf bewe omdat U vrees inboesem; ja, vir u beslissings is ek vol ontsag. Ek doen wat billik en reg is; moet my nie aan my verdrukkers oorlaat nie. Waarborg die goeie vir u dienskneg; vermeteles moet my nie verdruk nie. My oë smag na u verlossing, na u belofte van •geregtigheid. Handel met u dienskneg volgens u troue liefde, en leer my u voorskrifte. Ek is u dienskneg; gee aan my insig sodat ek u bepalings kan ken. Dit is tyd vir die HERE om op te tree – hulle maak u wet kragteloos. Daarom het ek u bevele lief, ja, meer as goud, as suiwer goud. Daarom volg ek alle opdragte oor alles; elke pad van bedrog haat ek. U bepalings is wonderlik; daarom hou ek daarby. As u woorde oopgaan, gee dit lig; dit gee insig aan onkundiges. Met 'n oop mond hyg ek, want ek hunker na u gebooie. Draai na my en wees my genadig, soos U gewoonlik maak met hulle wat u Naam liefhet. Maak my treë ferm met u woord en laat geen onreg oor my heers nie. Bevry my van onderdrukking deur mense, sodat ek u opdragte kan nakom. Laat die lig van u aangesig oor u dienskneg skyn, en leer my u voorskrifte. Strome water vloei uit my oë, omdat mense nie u wet nakom nie. Regverdig is U, HERE, en u beslissings is reg. U het in •geregtigheid u bepalings uitgevaardig, en in goeie trou. My ywer verteer my omdat my teenstanders u woorde vergeet. U woord is volkome gelouter en u dienskneg het dit lief. Ek is klein en word geminag, maar u opdragte vergeet ek nie. U geregtigheid is regverdig vir ewig en u wet is betroubaar. Benoudheid en angs het my oorval, maar u gebooie is my vreugde. U bepalings is regverdig vir ewig; gee my insig, sodat ek kan lewe. Ek roep met my hele hart: “Antwoord my, HERE, u voorskrifte wil ek onderhou!” Ek roep na U: “Verlos my sodat ek u bepalings kan nakom!” Voor die oggendskemer roep ek al om hulp; op u woorde wag ek. Met oop oë gaan ek elke nagwaak in, sodat ek oor u woord kan nadink. Luister tog in u troue liefde na my stem, HERE, hou my lewend volgens u beslissing. Mense wat slinkse planne najaag, kom nader; hulle bly ver van u wet. Maar U, HERE, is naby, en al u gebooie is betroubaar. Uit u bepalings weet ek lank reeds dat U dit vir ewig gevestig het. Sien tog my ellende raak en red my, want u wet vergeet ek nie. Behartig my regsaak en verlos my; hou my lewend op grond van u belofte. Verlossing bly ver van goddeloses, want hulle streef nie u voorskrifte na nie. U ontferming is groot, HERE; hou my lewend volgens u beslissings. My agtervolgers en teenstanders is baie, maar van u bepalings wyk ek nie af nie. Ek het ontroues gesien en dit het my met weersin vervul dat hulle u woord nie onderhou nie. Sien tog raak dat ek u opdragte liefhet, HERE, maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde. Die wese van u woord is betroubaarheid, en elkeen van u regverdige beslissings is vir ewig. Leiers vervolg my sonder rede, maar net vir u woord het my hart 'n heilige vrees. Ek verheug my oor u woord, soos iemand wat 'n groot buit gevind het. Ek haat en verafsku valsheid, maar u wet het ek lief. Sewe keer per dag loof ek U oor u regverdige beslissings. Groot vrede is daar vir hulle wat u wet liefhet; vir hulle is daar geen struikelblokke nie. Ek vestig my hoop op u verlossing, HERE, en ek voer u bevele uit. Ek kom u bepalings na; ja, ek het dit baie lief. Ek kom u opdragte en u bepalings na, want al my paaie lê oop voor U. Laat my klaagroep voor U kom, HERE; gee my insig ooreenkomstig u woord. Laat my smeekgebed U bereik, red my volgens u belofte. My lippe laat lofprysing uitstroom, want U leer my u voorskrifte. My tong besing u woord, want al u gebooie is regverdig. Laat u hand my te hulp kom, want ek verkies u opdragte. Ek verlang na u verlossing, HERE; u wet is my vreugde. Hou my lewend sodat ek U kan loof en laat u beslissings my help. Ek dwaal rond soos 'n verlore skaap; soek tog u dienskneg. U gebooie vergeet ek immers nie.

PSALMS 119:113-176 Bybel vir almal (ABA)

Ek hou nie van mense wat skynheilig is nie, maar ek is lief vir wat U vir ons geleer het. By U is ek veilig, U beskerm my, ek weet U sal doen wat U gesê het. Slegte mense moenie naby my kom nie, sodat ek kan doen wat die gebooie van my God sê. U moet my regop hou, soos U belowe het, dan sal ek aanhou lewe, U moet my help, sodat ek kan aanhou hoop. Wanneer U my regop hou, dan is ek veilig en dan kyk ek altyd wat u wette sê. U hou nie van mense wat ongehoorsaam is aan u wette nie, want hulle is vals, hulle wil mense bedrieg. U los al die mense wat verkeerd doen, hulle is soos skuim wat niks beteken nie. Daarom is ek lief vir wat U sê. Ek is bang vir U, ek bewe, ek is bang vir wat U besluit. Ek het reg gedoen aan mense en ek het gelewe soos U wil hê. U moenie vir my los sodat mense my verdruk nie. U moet vir my, u dienaar, belowe dat U dit goed sal laat gaan met my. U moenie dat hoogmoedige mense my verdruk nie. My oë is moeg, want ek hou aan om te kyk wanneer U my sal red. Ek hou aan om te luister na wat U sê, want wat U sê, is reg. U moet vir my, u dienaar, doen wat U belowe het, U moet vir my leer wat u wette sê. Ek is u dienaar, U moet my verstandig maak sodat ek kan verstaan wat U sê. Here, U moet nou iets doen aan die mense wat nie doen wat U vir ons geleer het nie. Waarlik, ek is meer lief vir u gebooie as vir goud, ja, goeie goud. Waarlik, ek probeer altyd om alles te doen wat U beveel, ek hou nie van iets wat vals is nie. Wat U sê, is wonderlik, daarom doen ek wat U sê. Wanneer mense verstaan wat U gesê het, dan is dit vir hulle soos 'n lig, dit wys vir jongmense wat hulle moet doen. Ek is honger vir u gebooie, so honger soos 'n dier wat sy bek wyd oopmaak omdat hy honger is. U moet luister en genadig wees vir my, soos U altyd doen vir die mense wat lief is vir u Naam. U moet my help, sodat ek kan aanhou om te lewe soos U sê. U moenie dat sonde oor my regeer nie, nie een sonde nie. U moet keer, mense moenie vir my verdruk nie, dan sal ek kan doen wat U beveel. U moet naby my wees, naby my, u dienaar, en U moet vir my leer wat u wette sê. My trane loop soos strome water omdat mense nie doen wat U vir ons geleer het nie. Here, U doen reg, U besluit reg. Alles wat U gesê het, is reg, mense kan dit altyd glo. Ek word baie kwaad wanneer my vyande vergeet wat U gesê het. Die dinge wat U sê, is baie waar. Ek, u dienaar, is lief vir wat U sê. Ek is klein en onbelangrik maar ek het nie vergeet wat U beveel het nie. U doen reg en U sal altyd reg doen, die dinge wat U vir ons geleer het, bly dieselfde. Toe ek swaargekry het en toe dit sleg gegaan het met my, was dit vir my lekker om u gebooie te hou. Wat U sê, is altyd reg, U moet my help om dit te verstaan, sodat ek kan aanhou lewe. Here, ek roep en ek vra dat U my moet help, ek vra dit met my hele hart. U moet my antwoord, ek wil doen wat u wette sê. Ek roep en ek vra dat U my moet red, sodat ek kan doen wat U sê. Ek staan op voordat die son opkom en ek vra dat U my moet help, ek weet U sal doen wat U gesê het. Ek bly die hele nag wakker, sodat ek kan dink aan wat U belowe het. Here, U doen wat U belowe het en wat U besluit het. U moet luister na wat ek vra, U moet my laat aanhou lewe. Die mense is naby wat my volg en jaag om my seer te maak, maar hulle is ver van wat U vir ons geleer het. Here, U is naby en u gebooie verander nie. Ek weet van die begin af wat U gesê het, want u woorde bly altyd waar. U moet kyk hoe sleg dit met my gaan en U moet my red, want ek het nie vergeet wat U vir ons geleer het nie. U moet my help wanneer mense my beskuldig, U moet my vrymaak, soos U belowe het, U moet my laat aanhou lewe. U sal nie die mense red wat verkeerd lewe nie, want hulle probeer nie om te doen wat u wette sê nie. Here, U is baie genadig, U het so besluit, U moet my laat aanhou lewe. Daar is baie vyande wat my volg en jaag, maar ek hou aan om te doen wat U sê. Wanneer ek sien hoe ontrou mense is, dan wil ek naar word. Hulle is mense wat nie doen wat U sê nie. Here, U moet kyk hoe lief is ek vir wat U beveel, U moet my laat aanhou lewe, soos U belowe het. Alles wat U gesê het, bly dieselfde, alles wat U besluit, is altyd reg. Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar belangrike mense volg my en jaag my. Ek is nie bang vir hulle nie, ek is bang vir wat U gesê het. Ek is so bly oor wat U belowe het, so bly soos wanneer ek baie goed kry wat ek vir my kan vat. Ek haat dit wanneer mense vals is, ek hou niks daarvan nie. Ek is lief vir wat U vir ons geleer het. Ek prys U sewe maal elke dag omdat alles wat U besluit, reg is. Dit gaan baie goed met mense wat lief is vir wat U vir ons geleer het. Daar gebeur niks wat sleg is met hulle nie. Here, ek weet U sal my red en ek doen wat u gebooie sê. Ek hou aan om te doen wat U sê, ek is baie lief daarvoor. Ek hou aan om te doen wat U beveel en wat U sê, want U sien altyd hoe ek lewe. Here, U moet hoor wat ek bid, U moet my help om te verstaan wat U sê. U moet luister wanneer ek tot U bid, U moet my red, soos U belowe het. Ek sal aanhou om U te prys, want U leer vir my u wette. Ek sal sing oor wat U belowe het, want al u gebooie is reg. U moet my help, want ek het gekies om te doen wat U beveel het. Here, ek verlang daarna dat U my moet red, ek geniet wat U vir ons geleer het. U moet my laat aanhou lewe, sodat ek U kan prys. Die dinge wat U besluit het, moet my help. Ek het verdwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, U moet my soek, vir my, u dienaar, want ek het nie u gebooie vergeet nie.

PSALMS 119:113-176 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief. U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek. Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar! Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie. Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let. U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens. U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief. My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie. Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie. My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid. Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge. Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken. Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek. Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle. Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig. Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek. Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet. Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou. Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge. My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge. In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou. My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het. U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief. Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie. U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid. Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging. U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar. Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou. Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek. My oë is die nagwake voor om u woord te oordink. Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge. Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is. U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid. Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie. Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte. Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie. HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge. My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie. Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie. Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid. Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord. Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind. Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief. Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge. Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie. O HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie. My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief. Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U. O HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord. Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte. My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge. My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid. Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies. O HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging. Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help. Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

PSALMS 119:113-176 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek haat huigelary, maar u wet het ek lief. By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue. Gaan weg van my af, julle wat onreg doen; ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly. Laat my vas staan soos U beloof het, dat ek kan lewe, dat ek nie teleurgestel sal wees in my verwagting nie. Beskerm my, dan sal ek behoue bly en u voorskrifte gedurig voor oë hou. U verwerp almal wat van u voorskrifte afdwaal; met hulle ontrou mislei hulle hulleself. U verwyder al die goddeloses van die aarde af soos waardelose skuim, daarom het ek u verordeninge lief. Ek sidder van vrees vir U, ek het diepe ontsag vir u bepalings. Ek het gedoen wat reg en regverdig is, moet my tog nie oorgee aan die genade van dié wat my veronreg nie. Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan, moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie. Ek smag na die bevryding wat U bring, na u woord wat my red. Handel met my volgens u troue liefde, leer my u voorskrifte. Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge. Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree. Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud. Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele en haat ek elke verkeerde pad. U verordeninge is wonderlik, daarom kom ek hulle na. Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is. Met my hele wese smag ek na u gebooie, verlang ek daarna. Sien my in genade aan soos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet. Laat u woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie. Bevry my van veronregting deur mense. Ek wil u bevele gehoorsaam. Verskyn tog tot my redding, leer my u voorskrifte. My trane vloei sonder ophou omdat die mense u wet nie onderhou nie. U is regverdig, Here, wat U bepaal, is reg. In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig. Ontsteltenis verteer my omdat my teëstanders u woord verontagsaam. U woord is baie suiwer, ek het dit lief. Al is ek gering en verag, u bevele verontagsaam ek nie. U is altyd getrou en regverdig, u wet staan altyd vas. Al oorval angs en benoudheid my, in u gebooie bly ek my verlustig. U verordeninge is altyd regverdig; gee my insig daarin, dat ek kan lewe. Ek roep na U met my hele hart, verhoor tog my gebed, Here, ek wil u voorskrifte nakom. Ek roep na U, red my, ek wil u verordeninge gehoorsaam. In die oggendskemer al roep ek om hulp en stel ek my vertroue in u woord. Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord. Handel volgens u liefde, Here, luister tog na my. Laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader, maar van u wet af bly hulle ver. U is by my, Here, alles wat U gebied het, staan vas. Van lankal af weet ek van u verordeninge dat U hulle altyd vas laat staan. Aanskou tog my ellende en red my, want u wet het ek nie verontagsaam nie. Behartig tog my saak en bevry my, hou my in die lewe volgens u belofte. Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie. U barmhartigheid is groot, Here, laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Ek het baie vervolgers en teëstanders, maar van u verordeninge wyk ek nie af nie. Ek het die verraad van die ontroues gesien, en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie. Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas. Maghebbers vervolg my sonder oorsaak, maar u woord is die enigste wat ek vrees. Oor u woord is ek so bly soos iemand wat 'n groot skat in die hande gekry het. Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief. Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings. Hulle is regverdig. Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie. Ek vestig my hoop op hulp van U, Here, u gebooie gehoorsaam ek. Ek kom u verordeninge na, ek het hulle baie lief. U bevele en verordeninge gehoorsaam ek. My hele lewe lê oop voor U. Gee tog ag op my geroep, Here, gee my insig soos U beloof het. Luister tog na my smeekgebed, red my volgens u belofte. Die lof sal oor my lippe stroom, want U leer my u voorskrifte. Ek sal u woord besing, want al u gebooie is regverdig. Help my tog altyd, want ek stel u bevele eerste. Ek smag na u hulp, Here, in u wet vind ek my vreugde. Laat my lewe dat ek U kan loof, laat u bepalings my steun wees. As ek sou ronddwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.

PSALMS 119:113-176 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Dubbelhartige mense haat ek, maar u wet het ek lief. My skuilplek en my skild is U; op u woord vestig ek my hoop. Gaan weg van my, julle kwaaddoeners, sodat ek by die gebooie van my God kan hou. Ondersteun my, volgens u woord, sodat ek kan lewe; laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie. Onderskraag my, sodat ek verlos kan word; ek wil voortdurend aan u voorskrifte aandag gee. U verwerp almal wat dwaal, weg van u voorskrifte af; want hulle bedrog is misleidend. Soos metaalskuim verwyder U al die goddeloses van die aarde; daarom het ek u bepalings lief. My lyf bewe omdat U vrees inboesem; ja, vir u beslissings is ek vol ontsag. Ek doen wat billik en reg is; moet my nie aan my verdrukkers oorlaat nie. Waarborg die goeie vir u dienskneg; vermeteles moet my nie verdruk nie. My oë smag na u verlossing, na u belofte van •geregtigheid. Handel met u dienskneg volgens u troue liefde, en leer my u voorskrifte. Ek is u dienskneg; gee aan my insig sodat ek u bepalings kan ken. Dit is tyd vir die HERE om op te tree – hulle maak u wet kragteloos. Daarom het ek u bevele lief, ja, meer as goud, as suiwer goud. Daarom volg ek alle opdragte oor alles; elke pad van bedrog haat ek. U bepalings is wonderlik; daarom hou ek daarby. As u woorde oopgaan, gee dit lig; dit gee insig aan onkundiges. Met 'n oop mond hyg ek, want ek hunker na u gebooie. Draai na my en wees my genadig, soos U gewoonlik maak met hulle wat u Naam liefhet. Maak my treë ferm met u woord en laat geen onreg oor my heers nie. Bevry my van onderdrukking deur mense, sodat ek u opdragte kan nakom. Laat die lig van u aangesig oor u dienskneg skyn, en leer my u voorskrifte. Strome water vloei uit my oë, omdat mense nie u wet nakom nie. Regverdig is U, HERE, en u beslissings is reg. U het in •geregtigheid u bepalings uitgevaardig, en in goeie trou. My ywer verteer my omdat my teenstanders u woorde vergeet. U woord is volkome gelouter en u dienskneg het dit lief. Ek is klein en word geminag, maar u opdragte vergeet ek nie. U geregtigheid is regverdig vir ewig en u wet is betroubaar. Benoudheid en angs het my oorval, maar u gebooie is my vreugde. U bepalings is regverdig vir ewig; gee my insig, sodat ek kan lewe. Ek roep met my hele hart: “Antwoord my, HERE, u voorskrifte wil ek onderhou!” Ek roep na U: “Verlos my sodat ek u bepalings kan nakom!” Voor die oggendskemer roep ek al om hulp; op u woorde wag ek. Met oop oë gaan ek elke nagwaak in, sodat ek oor u woord kan nadink. Luister tog in u troue liefde na my stem, HERE, hou my lewend volgens u beslissing. Mense wat slinkse planne najaag, kom nader; hulle bly ver van u wet. Maar U, HERE, is naby, en al u gebooie is betroubaar. Uit u bepalings weet ek lank reeds dat U dit vir ewig gevestig het. Sien tog my ellende raak en red my, want u wet vergeet ek nie. Behartig my regsaak en verlos my; hou my lewend op grond van u belofte. Verlossing bly ver van goddeloses, want hulle streef nie u voorskrifte na nie. U ontferming is groot, HERE; hou my lewend volgens u beslissings. My agtervolgers en teenstanders is baie, maar van u bepalings wyk ek nie af nie. Ek het ontroues gesien en dit het my met weersin vervul dat hulle u woord nie onderhou nie. Sien tog raak dat ek u opdragte liefhet, HERE, maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde. Die wese van u woord is betroubaarheid, en elkeen van u regverdige beslissings is vir ewig. Leiers vervolg my sonder rede, maar net vir u woord het my hart 'n heilige vrees. Ek verheug my oor u woord, soos iemand wat 'n groot buit gevind het. Ek haat en verafsku valsheid, maar u wet het ek lief. Sewe keer per dag loof ek U oor u regverdige beslissings. Groot vrede is daar vir hulle wat u wet liefhet; vir hulle is daar geen struikelblokke nie. Ek vestig my hoop op u verlossing, HERE, en ek voer u bevele uit. Ek kom u bepalings na; ja, ek het dit baie lief. Ek kom u opdragte en u bepalings na, want al my paaie lê oop voor U. Laat my klaagroep voor U kom, HERE; gee my insig ooreenkomstig u woord. Laat my smeekgebed U bereik, red my volgens u belofte. My lippe laat lofprysing uitstroom, want U leer my u voorskrifte. My tong besing u woord, want al u gebooie is regverdig. Laat u hand my te hulp kom, want ek verkies u opdragte. Ek verlang na u verlossing, HERE; u wet is my vreugde. Hou my lewend sodat ek U kan loof en laat u beslissings my help. Ek dwaal rond soos 'n verlore skaap; soek tog u dienskneg. U gebooie vergeet ek immers nie.

PSALMS 119:113-176 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

SAMECH. Ek haat ydele gedagtes, maar U wet het ek lief. U is my skuilplek en my skild; ek hoop op U woord. Gaan weg van my af, julle kwaaddoeners, want ek sal die gebooie van my God bewaar. Ondersteun my volgens U woord, dat ek kan lewe, en laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie. Hou my op, en ek sal veilig wees, en ek sal U insettinge altyddeur ag slaan. U het almal vertrap wat van U insettinge afdwaal, want hulle bedrog is leuens. U vernietig al die goddeloses van die aarde soos skuim; daarom het ek U getuienisse lief. My vlees bewe van vrees vir jou; en ek is bang vir U oordele. AIN. Ek het reg en geregtigheid gedoen; laat my nie oor aan my verdrukkers nie. Sorg vir U dienaar ten goede; laat hoogmoediges my nie verdruk nie. My oë verswak vir U heil en na die woord van U geregtigheid. Handel met U kneg na U goedertierenheid, en leer my U insettinge. Ek is U dienaar; gee my insig, dat ek U getuienisse kan ken. Dit is tyd vir U, HERE, om te werk, want hulle het U wet tot niet gemaak. Daarom het ek U gebooie lief bo goud; ja, bo fyn goud. Daarom ag ek al u bevele aangaande alle dinge as reg; en ek haat elke valse manier. PE. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle. Die ingang van u woorde gee lig; dit gee verstand aan die eenvoudiges. Ek het my mond oopgemaak en hyg, want ek het verlang na U gebooie. Kyk na my en wees my genadig, soos jy gewoond was om te doen aan dié wat u Naam liefhet. Volg my voetstappe volgens U woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. Red my van die onderdrukking van mense, so sal ek U bevele bewaar. Laat U aangesig skyn oor u kneg; en leer my U insettinge. Waterstrome loop in my oë af, omdat hulle U wet nie onderhou nie. TZADDI. Regverdig is U, o HERE, en opreg is U oordele. Jou getuienisse wat jy beveel het, is regverdig en baie getrou. My ywer het my verteer, omdat my vyande U woorde vergeet het. U woord is baie rein; daarom het U kneg dit lief. Ek is klein en verag; tog vergeet ek U bevele nie. U geregtigheid is 'n ewige geregtigheid, en u wet is die waarheid. Benoudheid en benoudheid het my aangegryp, maar U gebooie is my behae. Die geregtigheid van U getuienisse is vir ewig; gee my insig, en ek sal lewe. KOPH. Ek het met my hele hart gehuil; luister na my, HERE, ek sal U insettinge onderhou. Ek het U aangeroep; red my, en ek sal U getuienisse bewaar. Ek het die aanbreek van die môre verhinder en uitgeroep: Ek het op u woord gehoop. My oë keer die nagwaak, dat ek u woord kan oordink. Hoor my stem na U goedertierenheid: o HERE, maak my lewend volgens U oordeel. Hulle kom nader wat onheil volg: hulle is ver van u wet af. U is naby, HERE; en al U gebooie is waarheid. Aangaande u getuienisse het ek van ouds af geweet dat U dit vir altyd gegrond het. RESH. Let op my ellende en red my, want ek vergeet U wet nie. Bepleit my saak en red my; maak my lewend volgens U woord. Die verlossing is ver van die goddelose, want hulle soek U insettinge nie. Groot is U barmhartighede, o HERE; maak my lewend volgens U verordeninge. Baie is my vervolgers en my vyande; tog wyk ek nie af van U getuienisse nie. Ek het die oortreders gesien en was bedroef; omdat hulle U woord nie bewaar het nie. Let op hoe ek U bevele liefhet: maak my lewend, HERE, volgens U goedertierenheid. U woord is van die begin af waar, en elkeen van u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. SCHIN. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart is ontsag vir U woord. Ek is bly oor U woord, soos iemand wat groot buit kry. Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief. Sewe maal per dag loof ek U ter wille van U regverdige oordele. Groot vrede het die wat u wet liefhet, en niks sal hulle aanstoot gee nie. HERE, ek het op U verlossing gehoop en U gebooie gedoen. My siel het U getuienisse bewaar; en ek is baie lief vir hulle. Ek het u bevele en U getuienisse onderhou, want al my weë is voor U aangesig. TAU. Laat my hulpgeroep voor U aangesig nader kom, HERE; gee my insig volgens U woord. Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u woord. My lippe sal lof uitspreek as U my U insettinge leer. My tong sal van U woord spreek, want al u gebooie is geregtigheid. Laat U hand my help; want ek het U bevele uitverkies. Ek verlang na U heil, o HERE; en U wet is my verlustiging. Laat my siel lewe, en dit sal U loof; en laat U oordele my help. Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek U dienaar; want ek vergeet U gebooie nie.

PSALMS 119:113-176 Die Boodskap (DB)

Ek hou niks van skynheiliges nie, maar ek het u wet baie lief. By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op. Ek wag op u Woord om my sterk te maak. Julle spul slegte mense moet dadelik padgee sodat ek kan doen wat my God sê. Here, hou my hand styf vas soos U beloof het, dan sal ek voluit lewe. Moenie my teleurstel nie, kyk dan net hoe glo ek in U. Hou my regop, dan is alles in orde, dan sal ek doen wat U sê. U hou niks van mense wat nie na U luister nie. Hulle praat ’n spul leuens. U vee goddelose mense van die aarde af soos ’n klomp rommel; daarom is ek so lief vir u Woord. Ek het baie groot respek vir U. Dit wat U doen, vul my met ontsag. Ek het nog altyd gedoen wat reg is, moenie dat my vyande my beetkry nie. Kies asseblief my kant, goeie God, moenie dat mense wat te veel van hulleself dink, my uitbuit nie. Ek sien baie uit na die dag dat U my kom help, ek hou vas aan u belofte dat U net doen wat reg is. Tree asseblief in liefde teenoor my op, wys my hoe ek moet lewe. Onthou, ek is u dienskneg, wys my wat dit presies beteken sodat ek kan doen wat reg is. Here, vat daardie spul vas wat u wet oortree. Ek het u voorskrifte met my hele lewe lief, dit beteken meer vir my as al die goud in die wêreld. Daarom doen ek alles wat U sê tot in die fynste besonderhede. Maar verkeerde dinge, dit haat ek. Wat U sê, is wonderlik; daarom bêre ek dit diep in my hart weg. Wanneer u Woord vir mense oopgaan, word hulle hele lewe verlig, dit vul gewone mense met wysheid. Alles in my smag na U, sê my tog hoe ek moet lewe. Sien my raak, wees goed vir my, soos U maak met almal wat U liefhet. Maak elke tree wat ek gee, ’n tree op die regte pad. Moenie dat lelike dinge ooit in my lewe wen nie. Pas my op wanneer ander mense my kwaad wil aandoen, sodat ek net kan doen wat U sê. Wees asseblief vriendelik met my, leer my mooi wat ek moet doen. Dag en nag huil ek omdat mense nie presies doen wat U sê nie. Here, U is altyd reg; U doen heeltyd die regte dinge. U sê presies vir ons hoe ons moet leef. Ek is baie omgekrap omdat my vyande nie na U wil luister nie. U Woord is al deur baie mense uitgetoets: dit slaag elke keer! Daarom het ek u Woord so lief. Ek is maar ’n onbelangrike klein mensie, tog vergeet ek nooit wat U sê nie. U doen altyd die regte dinge, tot in ewigheid! U wet is altyd waar. Al kom ek vragte vol probleme teë, nogtans geniet ek dit om u voorskrifte te lees en daaroor na te dink. U voorskrifte is vir altyd waar en reg, leer my om dit te verstaan sodat ek ’n slag regtig kan lewe. Ek roep so hard as wat ek kan: “Here, verhoor my!” Ek wil u voorskrifte in die Bybel doen. Ek het voor U kom staan en uitgeroep: “Red my!” sodat ek u voorskrifte kan hou. Nog voordat die son in die oggend opkom, pleit ek al dat U my moet help, ek wag dat U my moet antwoord. In die nag slaap ek nie, my oë is wawyd oop; dit is net op U gerig. Ek dink die hele tyd aan alles wat U sê. Hoor tog as ek so bid, want U is ’n baie goeie God. Here, laat my weer voluit leef! Mense wat vieslike dinge doen, kruip al nader en nader, hulle loop al verder en verder van u wet af weg. Here, U is altyd baie naby, boonop is alles wat U sê, die waarheid. Ek weet al lankal dat dit wat U sê, vir altyd bly bestaan. Kyk ’n slag hoe sleg dit met my gaan en help my, want ek vergeet nie ’n enkele dag wat U sê nie. Kies asseblief my kant en help my uit hierdie gemors uit; laat ek weer die lewe geniet, soos U belowe het. Goddelose mense staan g’n kans om ooit gered te word nie, want hulle steur hulle nie aan wat U sê nie. Gelukkig hou u goedheid nooit op nie, Here, dit hou net aan en aan. Daarom pleit ek by U om nuwe lewe. ’n Hele klomp slegte mense is agter my bloed aan, maar gelukkig stap ek op u pad. Mense wat nie doen wat U sê nie se leefstyl maak my siek; dit is verskriklik dat hulle die rug vir U draai. Kyk na my! Sien tog raak dat ek elke woord van U liefhet. Here, hou asseblief aan om vir my goed te wees. Hou my aan die lewe omdat U so ’n goeie God is. Alles wat U sê, is die waarheid, elke woord daarvan! Dit sal vir altyd en altyd die waarheid bly. ’n Klomp belangrike mense vervolg my, al is ek onskuldig, maar dit vat nooit my respek vir u Woord weg nie. My hart loop oor van opgewondenheid oor elke woord wat U sê, dit is die grootste skat wat ek nog ooit in my lewe gevind het. Ek haat leuens, maar u wet, dit het ek lief met alles binne-in my. Ek kan U nie genoeg loof nie, elke kans wat ek kry, gebruik ek om vir U te sê dat alles wat U doen, reg en goed is. Almal wat u wet liefhet, leef reg, hulle val nie oor die sonde nie. Here, ek hou u hand styf vas; ek wag dat U my kom help, ek doen net wat U sê. Alles wat U sê, word in my hart weggebêre, ek doen dit alles; ek is lief vir elke voorskrif uit u mond! Kyk net: ek gehoorsaam alles wat U sê en luister na u raad, my lewe is soos ’n oop boek voor U. Here, luister tog as ek smeek dat U my moet help, leer my om te verstaan wat U in die Bybel van my vra. Gee aandag aan my nood; moenie dit ignoreer nie! Red my soos U belowe het. Lof sal dan oor my lippe spoel, want U leer my hoe om te leef. Ek sal heeltyd sing oor u Woord, want alles wat U sê, is reg en goed. Hou my vas, want ek wil net doen wat U sê. Here, ek het nie genoeg woorde om vir U te sê hoe ek na u hulp smag nie, u wet bring soveel blydskap in my lewe. Maak my van binne af nuut, dan sal ek u Naam heeltyd loof. Maak my sterk om te doen wat U sê. As ek soos ’n skaap is wat verdwaal het, kom haal my asseblief! Ek sal u stem dadelik herken, want ek vergeet nooit een van u woorde nie.

PSALMS 119:113-176 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek haat besluitelose mense, maar u gebooie het ek lief. U is my toevlug en beskermer; ek vertrou op u woord. Gaan weg van my, kwaaddoeners, want ek gehoorsaam die gebooie van my God. Hou my staande soos U beloof het sodat ek kan lewe. Laat my nie beskaam wees in my hoop nie. Ondersteun my en ek sal gered word; ek sal u voorskrifte altyd eerbiedig. U verwerp almal wat van u voorskrifte afwyk. Hulle ontrou lei tot selfbedrog. Al die bose mense van die aarde is soos skuim wat U afskep; daarom het ek u waarskuwings lief. Ek bewe van vrees vir U; ek vrees u oordeel. Moenie my oorlaat aan die genade van my vyande nie, ek het gedoen wat reg en regverdig is. Beloof tog dat dit goed sal gaan met u dienaar. Moenie dat verwaande mense my verdruk nie. Ek ooreis my oë om u redding te sien en u woord van geregtigheid. Behandel u dienaar volgens u troue liefde, en leer my u voorskrifte. Ek is u dienaar; gee my die vermoë om te onderskei sodat ek u voorwaardes kan verstaan. Dis tyd dat U optree, HERE, want hulle het u gebooie oortree. Daarom is ek lief vir u opdragte, meer as goud, selfs die fynste goud. Omdat elkeen van u bevele reg is, haat ek elke verkeerde pad. U voorwaardes is wonderlik; daarom gehoorsaam ek hulle. Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige. My mond is oop en ek snak na asem, want ek verlang na u gebooie. Kyk tog na my in u genade, soos U doen vir almal wat u Naam liefhet. Rig my treë deur u woord sodat boosheid my nie oorval nie. Red my van menslike verdrukking sodat ek u bevele kan gehoorsaam. Laat u guns oor u dienaar skyn; leer my al u voorskrifte. Trane vloei in strome oor my wange omdat mense u gebooie minag. HERE, U is regverdig, en u oordele is reg. U vereistes is regverdig; dit is baie betroubaar. My ontsteltenis oorweldig my, want my vyande verontagsaam u woorde. U beloftes is deeglik beproef; u dienaar het dit lief. Al is ek gering en verag, ek misken nie u bevele nie. U regverdigheid duur vir altyd, en u gebooie is betroubaar. Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. U vereistes is altyd regverdig; gee my insig sodat ek kan lewe. Ek roep tot U met my hele hart; antwoord my tog, HERE! U voorskrifte sal ek gehoorsaam. Ek roep na U: Red my, en ek sal u vereistes gehoorsaam. Voor dagbreek roep ek om hulp, en plaas my hoop op u woord. Die hele nag lê ek wakker om u woord te oordink. Luister na my roepstem, HERE, op grond van u troue liefde. Laat my lewe op grond van u regverdigheid. Sluwe vervolgers kom al nader, maar lewe ver van u gebooie af. Maar U is naby, HERE, en al u gebooie is betroubaar. Van lankal af het ek geweet dat u eise nooit verander nie. Kyk tog na my lyding en red my; u gebooie het ek tog nie vergeet nie. Behartig tog my saak en bevry my! Laat ek lewe soos U beloof het. Bose mense is ver van redding, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie. Groot is u barmhartigheid, HERE! Hou my lewe in stand volgens u bepalings. My vervolgers en vyande is talryk; tog wyk ek nie af van u eise nie. Ek kyk met afkeer na die ontroues, want hulle misken u woord. Sien raak dat ek u bevele liefhet, HERE. Laat my lewe op grond van u liefde. Alles wat U sê, is betroubaar; u regverdige bepalings is vir altyd. Heersers vervolg my sonder oorsaak, maar al wat ek vrees, is u woord. Ek verheug my in u woord soos iemand wat ’n groot skat ontdek. Alle valsheid haat en verafsku ek, maar u gebooie het ek lief. Ek loof U sewe keer per dag omdat al u bepalings regverdig is. Hulle wat u gebooie liefhet, het groot sekuriteit en niks sal hulle laat struikel nie. Ek sien uit na u redding, HERE; daarom voer ek u gebooie uit. Ek het u eise gehoorsaam, en het dit baie lief. Ek gehoorsaam u bevele en eise, want U weet van alles wat ek doen. HERE, luister na my geroep; gee vir my insig soos U beloof het. Luister tog na my smeekgebed; red my soos U beloof het. Laat my lippe uitbreek met lof, want U het my u voorskrifte geleer. Laat my tong sing oor u woord, want u bepalings is regverdig. Mag U gereed wees om my te help, want u bevele het ek eerste gestel. HERE, ek het verlang na u redding, en u gebooie is my vreugde. Laat my lewe sodat ek U kan prys, en mag u bepalings my ondersteun. Soos ’n verlore skaap het ek gedwaal; kom en soek my tog, want u gebooie het ek nie vergeet nie.

PSALMS 119:113-176

PSALMS 119:113-176 AFR83PSALMS 119:113-176 AFR83PSALMS 119:113-176 AFR83PSALMS 119:113-176 AFR83PSALMS 119:113-176 AFR83