PSALMS 119:1-2
PSALMS 119:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Dit gaan goed met die mense wat heeltemal reg lewe, die mense wat lewe soos die Here vir hulle geleer het. Dit gaan goed met mense wat doen wat die Here sê en wat met hulle hele hart naby Hom wil wees.
PSALMS 119:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek
PSALMS 119:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen
PSALMS 119:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is mense wie se lewenspad onberispelik is en wat die wet van die HERE volg! Gelukkig is hulle wat hou by sy bepalings, wat Hom met hulle hele hart soek
PSALMS 119:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
ALEPH. Geseënd is die onbesmette op die weg, wat in die wet van die HERE wandel. Geseënd is die wat sy getuienisse bewaar en Hom met die hele hart soek.
PSALMS 119:1-2 Die Boodskap (DB)
God hou baie van jou as jy presies doen wat Hy in die Bybel sê. God hou baie van jou as jy sy woorde diep in jou hart bêre en elke dag jou bes doen om Hom gelukkig te maak