PSALMS 106:1-12
PSALMS 106:1-12 Die Boodskap (DB)
Prys die Here! Hy is goed. Sy goedheid hou net aan en aan, vir altyd! Wie op aarde het ooit genoeg woorde om te sê hoe groot en sterk die Here is? Wie kan sy Naam genoeg loof? God hou baie van elkeen wat doen wat reg is, wat elke kans aangryp om sy wil te doen. Hy laat dit goed gaan met sulke mense. Here, onthou my tog wanneer U vol vreugde is oor u kinders. Sluit my in wanneer U hulle help, sodat ek kan sien hoe almal wat U uitgekies het, oorloop van geluk. Ek wil bly wees saam met al u kinders. Ek wil feesvier saam met elkeen wat aan U behoort. Ons het baie verkeerde dinge gedoen, nes ons voorgeslagte. Ons het nie op die regte pad gestap nie. Ons het U elke keer in die steek gelaat. Daar in Egipte het ons voorouers hulle nie gesteur aan die groot dinge wat U gedoen het nie. Hulle het gou-gou vergeet hoe vol liefde en goedheid U is. Daarom was hulle so hardkoppig daar by die Rietsee. Maar die Here het hulle gered, om sy reputasie te beskerm. Hy wou vir hulle wys hoe groot Hy is. Hy het met die Rietsee gepraat, en in ’n oogwink was dit kurkdroog! Hy het hulle dwarsdeur die see laat stap asof dit ’n droë woestyn is. Hy het hulle gered uit die hand van hulle haters. Hulle is bevry uit die greep van die mense wat hulle laat swaarkry het. Die waters van die see het oor hulle vyande gespoel. Nie een het bly leef nie. Toe het die volk geglo dat die Here doen wat Hy sê. Hulle het Hom geloof en geprys!
PSALMS 106:1-12 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die Here prys. Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Niemand kan sê hoe sterk die Here is nie, niemand kan Hom reg prys nie. Dit gaan goed met mense wat aanhou om reg te oordeel, met mense wat altyd reg doen. Here, wanneer U goed is vir u volk, dan moet U ook aan my dink. Wanneer U hulle red, dan moet U my nie vergeet nie. Dan sal ek sien hoe goed gaan dit met u mense, U het hulle gekies. Ek sal bly wees wanneer u volk bly is, ek sal juig saam met die mense wat aan U behoort. Ons het sonde gedoen soos ons voorvaders, ons het verkeerde dinge gedoen, ons is skuldig. Ons voorvaders het in Egipte nie u wonderwerke verstaan nie, hulle het nie onthou dat U altyd doen wat U belowe het nie. Hulle was opstandig by die see, die Riet-see. Maar Hy het hulle gered omdat Hy God is, omdat Hy wou hê hulle moet weet dat Hy sterk is. Hy het hard gepraat met die Riet-see, en die see het droog geword. Hy het ons voorvaders laat deurloop op die plek waar daar voorheen diep water was, hulle het deurgeloop soos in 'n woestyn. Hy het hulle gered van die mense wat vir hulle gehaat het, Hy het hulle vrygemaak van hulle vyande. Die water het bo-oor hulle vyande gespoel, nie een van hulle het aangehou lewe nie. Toe het ons voorvaders geweet dat die Here doen wat Hy sê, hulle het gesing en Hom geprys.
PSALMS 106:1-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HALLELUJA! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig? Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen. Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil, dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel. Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel. Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee. Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak. En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn. En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand. En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie. Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.
PSALMS 106:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Prys die Here! Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! Wie kan die magtige dade van die Here onder woorde bring? Wie kan sy lof ten volle verkondig? Dit gaan goed met mense wat die reg handhaaf, wat by elke geleentheid geregtigheid doen. Dink aan my, Here, in u liefde vir u volk, sluit my ook in by u redding, dat ek die voorspoed van u uitverkorenes mag aanskou en mag deel in die blydskap van u volk, my mag verheug saam met dié wat aan U behoort. Ons het gesondig, net soos ons voorvaders, ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig. Ons voorvaders het in Egipte nie ag geslaan op u magtige dade nie, hulle het nie gedink aan al u dade van trou nie, hulle het teen U in verset gekom by die Rietsee. Maar Hy het hulle gered ter wille van die eer van sy Naam en om sy mag bekend te maak. Hy het die Rietsee aangespreek en dit het opgedroog, Hy het sy volk oor die seebodem laat trek soos oor droë grond. So het Hy hulle gered uit die hand van hulle haters, hulle bevry uit die mag van die vyand. Die waters het hulle teëstanders verswelg, nie één het oorgebly nie. Tóé het sy volk sy beloftes geglo en sy lof besing.
PSALMS 106:1-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Halleluja! Prys die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. Wie kan die magtige dade van die HERE verwoord, al sy lof verkondig? Gelukkig is hulle wat die reg onderhou, te alle tye geregtigheid handhaaf! Dink aan my, HERE, uit welwillendheid teenoor u volk; sien om na my tydens u verlossing, sodat ek die voorspoed van u uitverkorenes mag ervaar, mag deel in die vreugde van u nasie, en saam met u erfdeel mag roem. Ons het saam met ons voorouers gesondig, ons het afgedwaal, goddeloos opgetree. Ons voorouers het in Egipte u wonders nie begryp nie, en u oorvloedige troue liefde nie onthou nie, maar in opstand gekom by die see, by die Rietsee. En tog het Hy hulle verlos ter wille van sy Naam, om sy mag bekend te maak. Hy het die Rietsee gedreig, en dit het droog geword; Hy het hulle deur die watermassa laat gaan asof deur 'n woestyn. Hy het hulle verlos uit die hand van haters, hulle vrygekoop uit die hand van vyande. Die water het hulle teenstanders bedek; nie een van hulle het oorgebly nie. Toe het hulle sy beloftes geglo; hulle het sy lof besing.
PSALMS 106:1-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Prys die HERE. Loof die HERE; want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wie kan die magtige dade van die HERE verkondig? wie kan al sy lof verkondig? Geseënd is die wat die reg bewaar, en hy wat te alle tye geregtigheid doen. Dink aan my, o HERE, met die welbehae wat U aan u volk bewys; o besoek my met U heil; sodat ek die goeie van u uitverkorenes kan sien, dat ek my kan verbly in die blydskap van U nasie, dat ek my kan roem op U erfdeel. Ons het gesondig saam met ons vaders, ons het ongeregtigheid gedoen, ons het goddeloos gehandel. Ons vaders het U wonders in Egipte nie verstaan nie; aan die menigte van U barmhartighede het hulle nie gedink nie; maar hom geterg by die see, ook by die Skelfsee. Maar Hy het hulle gered ter wille van sy Naam, sodat Hy sy magtige krag bekend kon maak. Hy het ook die Skelfsee bestraf, en dit het opgedroog; en Hy het hulle deur die dieptes gelei, soos deur die woestyn. En Hy het hulle verlos uit die hand van die wat hulle haat, en hulle verlos uit die hand van die vyand. En die waters het hulle vyande bedek; daar het nie een van hulle oorgebly nie. Toe het hulle sy woorde geglo; hulle het sy lof besing.
PSALMS 106:1-12 Die Boodskap (DB)
Prys die Here! Hy is goed. Sy goedheid hou net aan en aan, vir altyd! Wie op aarde het ooit genoeg woorde om te sê hoe groot en sterk die Here is? Wie kan sy Naam genoeg loof? God hou baie van elkeen wat doen wat reg is, wat elke kans aangryp om sy wil te doen. Hy laat dit goed gaan met sulke mense. Here, onthou my tog wanneer U vol vreugde is oor u kinders. Sluit my in wanneer U hulle help, sodat ek kan sien hoe almal wat U uitgekies het, oorloop van geluk. Ek wil bly wees saam met al u kinders. Ek wil feesvier saam met elkeen wat aan U behoort. Ons het baie verkeerde dinge gedoen, nes ons voorgeslagte. Ons het nie op die regte pad gestap nie. Ons het U elke keer in die steek gelaat. Daar in Egipte het ons voorouers hulle nie gesteur aan die groot dinge wat U gedoen het nie. Hulle het gou-gou vergeet hoe vol liefde en goedheid U is. Daarom was hulle so hardkoppig daar by die Rietsee. Maar die Here het hulle gered, om sy reputasie te beskerm. Hy wou vir hulle wys hoe groot Hy is. Hy het met die Rietsee gepraat, en in ’n oogwink was dit kurkdroog! Hy het hulle dwarsdeur die see laat stap asof dit ’n droë woestyn is. Hy het hulle gered uit die hand van hulle haters. Hulle is bevry uit die greep van die mense wat hulle laat swaarkry het. Die waters van die see het oor hulle vyande gespoel. Nie een het bly leef nie. Toe het die volk geglo dat die Here doen wat Hy sê. Hulle het Hom geloof en geprys!
PSALMS 106:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Prys die HERE! Dank die HERE, want Hy is goed! Sy trou ken geen einde nie. Wie kan die magtige dade van die HERE beskryf, of sy lof ten volle bekendmaak? Gelukkig is hy wat geregtigheid laat geskied en wat altyd doen wat reg is. Dink aan my, HERE, wanneer U aan u volk guns bewys; kom my met u redding tot hulp sodat ek deel kan hê aan die voorspoed van u uitverkorenes, my verheug in die vreugde van u nasie, en U loof saam met u eie volk. Ons en ons voorouers het gesondig. Ons het oortree en is skuldig. In Egipte het ons voorouers die HERE se wonders gering geag, en sy baie dade van goedheid vergeet. By die Rietsee het hulle teen Hom in opstand gekom. Tog het Hy hulle gered ter wille van die eer van sy Naam, om sy mag bekend te maak. Op sy bevel het die Rietsee opgedroog sodat Israel op die seebodem kon trek. Dit was so droog soos ’n woestyn. Uit die vyand se mag het Hy hulle gered en hulle uit hulle teenstanders se mag verlos. Water het toe hulle vyande bedek. Nie een van hulle het dit oorleef nie. Toe eers het Israel sy beloftes geglo en het hulle sy lof besing.