Julle moet die Here prys. Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Niemand kan sê hoe sterk die Here is nie, niemand kan Hom reg prys nie. Dit gaan goed met mense wat aanhou om reg te oordeel, met mense wat altyd reg doen. Here, wanneer U goed is vir u volk, dan moet U ook aan my dink. Wanneer U hulle red, dan moet U my nie vergeet nie. Dan sal ek sien hoe goed gaan dit met u mense, U het hulle gekies. Ek sal bly wees wanneer u volk bly is, ek sal juig saam met die mense wat aan U behoort. Ons het sonde gedoen soos ons voorvaders, ons het verkeerde dinge gedoen, ons is skuldig. Ons voorvaders het in Egipte nie u wonderwerke verstaan nie, hulle het nie onthou dat U altyd doen wat U belowe het nie. Hulle was opstandig by die see, die Riet-see. Maar Hy het hulle gered omdat Hy God is, omdat Hy wou hê hulle moet weet dat Hy sterk is. Hy het hard gepraat met die Riet-see, en die see het droog geword. Hy het ons voorvaders laat deurloop op die plek waar daar voorheen diep water was, hulle het deurgeloop soos in 'n woestyn. Hy het hulle gered van die mense wat vir hulle gehaat het, Hy het hulle vrygemaak van hulle vyande. Die water het bo-oor hulle vyande gespoel, nie een van hulle het aangehou lewe nie. Toe het ons voorvaders geweet dat die Here doen wat Hy sê, hulle het gesing en Hom geprys.
Lees Psalms 106
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 106:1-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's