SPREUKE 9:7-8
SPREUKE 9:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy vir iemand iets wil leer, iemand wat altyd wil spot, dan sal hy miskien vir jou lag. Wanneer jy vir iemand wat verkeerd lewe, wil leer wat hy moet doen, dan sal hy miskien vir jou seermaak. Daar is mense wat altyd wil spot, jy moenie probeer om vir hulle te leer wat hulle moet doen nie, hulle sal jou haat. Wanneer jy vir 'n wyse mens wil leer wat om te doen, dan sal hy lief wees vir jou.
SPREUKE 9:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek. Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
SPREUKE 9:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie iemand so opvoed dat hy 'n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy 'n goddelose word, doen dit tot sy eie skande. Moenie 'n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed 'n wyse op, en hy sal lief wees vir jou.
SPREUKE 9:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wie 'n spotter vermaan, haal vir homself skande op die hals, en wie 'n goddelose teregwys, kry 'n klad op sy naam. Moenie 'n spotter teregwys nie, anders haat hy jou; wys 'n wyse tereg, en hy sal jou liefhê.
SPREUKE 9:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat 'n spotter teregwys, kry vir homself skande; en hy wat 'n goddelose bestraf, kry vir homself 'n vlek. Bestraf 'n spotter nie, dat hy jou nie haat nie; bestraf 'n wyse man, en hy sal jou liefhê.