SPREUKE 30:15-16
SPREUKE 30:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Die bloedsuier wil altyd aanhou om bloed uit te suig. Daar is drie dinge wat altyd meer wil hê, daar is vier dinge wat nooit sê: “Dit is nou genoeg” nie. Dit is die doderyk, 'n vrou wat nie 'n kind kan kry nie, die grond wat altyd meer water wil hê, en 'n vuur wat nooit sê: “Dit is nou genoeg” nie.
SPREUKE 30:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! — die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!
SPREUKE 30:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die bloedsuier het twee dogters, hulle is “Gee!” en “Gee!” Daar is drie, nee, vier wat nooit genoeg kry nie, wat nooit sê: “Genoeg!” nie: die doderyk, die onvervulde begeerte om moeder te word, grond wat nie deurnat is nie en 'n vuur wat nooit sê “Genoeg!” nie.
SPREUKE 30:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die bloedsuier het twee dogters: Gee! Gee! Daar is drie dinge wat nie versadig raak nie, vier wat nie sê “Genoeg!” nie: die •doderyk, 'n geslote moederskoot, grond wat nie versadig raak van water nie, en vuur wat nie sê, “Genoeg!” nie.
SPREUKE 30:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die perdestroop het twee dogters wat roep: Gee, gee! Daar is drie dinge wat nooit bevredig word nie, ja, vier dinge sê nie, Dit is genoeg: Die graf; en die onvrugbare moederskoot; die aarde wat nie vol water is nie; en die vuur wat nie sê: Dit is genoeg nie.
SPREUKE 30:15-16 Die Boodskap (DB)
Iemand wat altyd meer en meer wil hê, ken net twee woorde: gee, gee. Daar is drie “dinge” wat nooit tevrede gestel kan word nie, vier wat nooit genoeg kry nie: dit is die dood, die moederskoot van ’n kinderlose vrou, ’n dorre landskap tydens droogte en ’n vuur wat aanhou brand.
SPREUKE 30:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die bloedsuier het twee dogters. Die een se naam is “Gee!” en die ander s’n ook “Gee!”. Daar is drie dinge, nee, eintlik vier, wat nooit tevrede is nie: die doderyk, die onvervulde begeerte om ma te word, grond wat uitgedor is, ’n vuur wat alles wil verteer.