SPREUKE 29:12-14
SPREUKE 29:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat regeer en hom aan leuens steur, stel goddeloses aan in sy diens. ’n Arm mens en sy onderdrukker het een ding in gemeen: Die HERE gee aan al twee die lewenslig. ’n Koning wat armes billik behandel in die regspraak, sal lank regeer.
SPREUKE 29:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Regeerder wat hom aan leuens steur, het naderhand net goddeloses in sy diens. 'n Arm mens en sy verdrukker het een ding gemeenskaplik: die Here hou hulle altwee in die lewe. As 'n koning reg aan arm mense laat geskied, sal hy lank regeer.
SPREUKE 29:12-14 Die Boodskap (DB)
As die land se president oneerlik is, is die staatsdiens kort voor lank korrup. ’n Arm mens en die een wat hom onderdruk, is albei die handewerk van God. Hy weet wat hulle doen en sê. As ’n regering vir die armes omgee, sal hulle altyd onthou word.
SPREUKE 29:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n koning luister na leuens, dan sal almal wat vir hom werk, mense wees wat verkeerd doen. 'n Arm mens en die persoon wat hom verdruk, is saam in die wêreld, die Here laat hulle altwee lewe. 'n Koning wat regverdig is wanneer hy arm mense oordeel, sal lank koning bly.
SPREUKE 29:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos. Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë. 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.
SPREUKE 29:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Regeerder wat hom aan leuens steur, het naderhand net goddeloses in sy diens. 'n Arm mens en sy verdrukker het een ding gemeenskaplik: die Here hou hulle altwee in die lewe. As 'n koning reg aan arm mense laat geskied, sal hy lank regeer.
SPREUKE 29:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Heerser wat luister na leuentaal – almal wat in sy diens is, is goddeloos. Die arme en onderdrukker het dít gemeen: Die HERE gee lig aan albei se oë. 'n Koning wat armes billik oordeel – sy troon sal vir altyd standhou.
SPREUKE 29:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As 'n owerste na leuens luister, is al sy dienaars goddeloos. Die arme en die bedrieglike man ontmoet mekaar: die HERE verlig hulle albei oë. Die koning wat die armes getrou oordeel, sy troon sal vir ewig vasstaan.