SPREUKE 27:10
SPREUKE 27:10 Bybel vir almal (ABA)
As jy 'n vriend het, dan moet jy hom nie los nie, ook nie iemand wat jou pa se vriend was nie. Wanneer dit sleg gaan met jou, dan kan jou buurman wat naby is, vir jou beter help as jou broer wat ver is.
SPREUKE 27:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
SPREUKE 27:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: 'n buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is.
SPREUKE 27:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jou vriend en die vriend van jou vader moet jy nie verlaat nie, en in die huis van jou broer moet jy nie kom op die dag van jou teenspoed nie; 'n buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
SPREUKE 27:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jou eie vriend en jou vader se vriend, moenie verlaat nie; gaan ook nie in die huis van jou broer in op die dag van jou onheil nie, want 'n naaste wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.