SPREUKE 23:9-11
SPREUKE 23:9-11 Die Boodskap (DB)
Moet tog nie ’n dom mens probeer oortuig nie. Jy mors net jou asem. Hy verstaan niks van jou wyse woorde nie. Respekteer ander se eiendom. Moenie weerlose mense soos weeskinders uitbuit nie. Die Here is hulle helper. Hy sal vir hulle sorg en jou straf.
SPREUKE 23:9-11 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie vir 'n dwaas iets probeer leer nie, hy sal dink jou verstandige woorde is nie belangrik nie. Jy moenie grense verander wat van lank gelede daar is nie, jy moenie weeskinders se grond vat nie, want hulle Losser is die Here, Hy is sterk, Hy sal die Regter wees wat oordeel en sê wie is reg.
SPREUKE 23:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag. Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie. Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.
SPREUKE 23:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel. Moenie grense verlê wat lankal daar is nie, moenie weeskinders se grond vat nie, want hulle Beskermer is magtig, Hy sal hulle saak teen jou behartig.
SPREUKE 23:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie direk met 'n dwaas praat nie, want jou verstandige woorde sal hy met minagting bejeën. Moenie ou grense verskuif nie, en in die landerye van vaderloses moet jy nie kom nie. Want hulle losser is sterk; Hy sal hulle regstryd teen jou voer.
SPREUKE 23:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Praat nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die wysheid van u woorde verag. Moenie die ou landmerk verwyder nie; en gaan nie in die veld van die wees nie. Want hulle verlosser is magtig; hy sal hulle saak met jou verdedig.
SPREUKE 23:9-11 Die Boodskap (DB)
Moet tog nie ’n dom mens probeer oortuig nie. Jy mors net jou asem. Hy verstaan niks van jou wyse woorde nie. Respekteer ander se eiendom. Moenie weerlose mense soos weeskinders uitbuit nie. Die Here is hulle helper. Hy sal vir hulle sorg en jou straf.
SPREUKE 23:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie ’n dwaas reghelp nie. Jou goeie raad behandel hy met minagting. Moenie die ou grense van ’n stuk grond verskuif nie. Moenie weeskinders se grond by hulle probeer afvat nie. Die Een wat hulle beskerm, is magtig. Hy sal hulle saak teen jou verdedig.