SPREUKE 22:6-24

SPREUKE 22:6-24 Bybel vir almal (ABA)

Wanneer jy vir 'n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het. Ryk mense regeer oor arm mense, en iemand wat geld geleen het, word die slaaf van die persoon by wie hy die geld geleen het. Dit sal sleg gaan met iemand wat slegte dinge doen aan ander mense, hy sal straf kry omdat hy dink hy kan doen wat hy wil. Die Here sal die persoon seën wat goed is vir ander mense en wat vir arm mense van sy kos gee. Wanneer jy iemand wegjaag wat altyd wil spot, dan sal die mense ophou twis, en dan kan hy nie meer mense beskuldig en beledig nie. Wanneer iemand eerlik lewe en vriendelik is, dan is die koning sy vriend. Mense kan aanhou leer hoe om te lewe omdat die Here regeer. Hy laat die dinge wat verraaiers sê, nie gebeur nie. 'n Lui mens sê: “Daar is 'n leeu daar buite. Hy sal my vang as ek uitgaan.” Wanneer 'n slegte vrou jou uitnooi, dan is dit soos wanneer jy by 'n diep gat staan. As die Here jou vervloek, dan sal jy in die gat val. 'n Jongmens kan maklik 'n dwaas word, maar 'n pak slae sal help dat hy nie 'n dwaas word nie. Iemand wat arm mense verdruk, wil homself ryk maak, maar iemand wat presente gee vir ryk mense, word self arm. Jy moet goed luister na wat die wyse mense sê, jy moet hard probeer om te leer, want dit is lekker om dinge te weet en om dit weer te kan vertel. Ek leer vir jou vandag, vir jóú, sodat jy kan weet dat die Here doen wat Hy belowe het. Ek skryf hierdie belangrike dinge vir jou sodat jy kan weet wat om te doen en sodat jy kan leer. Jy moet weet wat die waarheid is en wat jy kan glo, sodat jy vir die persoon wat jou stuur, kan sê wat regtig gebeur het. Jy moenie 'n arm mens se goed vat omdat hy arm is nie, jy moenie iemand wat homself nie kan beskerm nie, verkeerd oordeel nie, want die Here sal self die Regter wees vir hulle, en Hy sal die persoon laat sterf wat vir húlle wil laat sterf. Jy moenie vriende wees met iemand wat gou kwaad word nie, jy moenie saamgaan met so 'n mens nie

SPREUKE 22:6-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen. Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn. Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee. Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is — die koning is sy vriend. Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue. Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word! Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val. As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder. Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net. GEE gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis. Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe. Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou. Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis, om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie? Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie. Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe. Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie

SPREUKE 22:6-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie. Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen. 'n Koning wat onreg saai, sal teenspoed oes; daar sal 'n end kom aan sy hardvogtige heerskappy. Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense. As jy 'n ligsinnige mens wegjaag, hou die rusies op en kom die getwis en beledigings tot 'n end. Wie daarop prys stel om opreg te wees en vriendelik te praat, het selfs die koning tot vriend. Die Here sorg dat die regte insig behoue bly; Hy sorg dat die woorde van 'n onbetroubare mens geen uitwerking het nie. Die lui mens sê: “Daar is 'n leeu daarbuite! Ek kan doodgemaak word as ek dit buite waag!” Die uitnodiging uit die mond van 'n slegte vrou is 'n diep afgrond; jy val daarin as die Here jou vervloek het. Onverstandigheid is eie aan 'n jongmens, maar 'n pak slae haal dit uit hom uit. Wie arm mense uitbuit, verryk homself; wie aan ryk mense geskenke gee, word self arm. Luister goed, luister wat die wyse mense sê; probeer verstaan wat ek jou wil leer uit wat ek weet, want dit is lekker as jy dit ingeneem het en enige tyd kan weergee. Ek onderrig juis vir jóú vandag sodat jy op die Here kan vertrou. Ek skryf vir jou belangrike voorskrifte neer om jou leiding te gee en die nodige kennis, sodat jy die waarheid sal herken, die woorde waarop jy kan vertrou, en 'n betroubare verslag kan gee as iemand jou stuur. Moenie 'n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie; moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie. Die Here sal hulle saak behartig en dié wat vir hulle beroof, van die lewe beroof. Moenie maats maak met 'n opvlieënde mens nie, moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie

SPREUKE 22:6-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Rig die jongmens af ooreenkomstig die pad wat hy moet loop; selfs wanneer hy oud geword het, sal hy nie daarvan afwyk nie. 'n Ryke heers oor armes, en wie leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen. Wie onreg saai, sal boosheid oes, en die lat van sy woedebui sal tot niet gaan. Wie ruimhartig is, sal geseën word, want hy gee van sy brood aan die hulpelose. Dryf 'n spotter weg, dan is stryd by die deur uit, en eise en skandalige optrede hou op. Wie 'n rein hart liefhet, wie innemend praat, sal 'n koning as sy vriend hê. Die oë van die HERE bewaak kennis, en die sake van 'n bedrieër werp Hy omver. Die luiaard sê: “Daar is 'n leeu buite! Binne-in die dorpspleine sal ek doodgemaak word!” Die mond van vreemde vroue is 'n diep vangkuil; wie deur die HERE verdoem is, sal daarin val. Sotheid wat vas is aan die hart van 'n jong seun – 'n lat wat straf, neem dit ver van hom weg. Wie 'n arm mens uitbuit om vir homself meer te kry, en aan 'n ryk mens geskenke gee – dit lei net tot gebrek. Spits jou oor en luister na die woorde van wyses! En jou hart, stel dit in op my kennis! Want dit is aangenaam as jy dit in jou binneste bewaar, as dit alles gereed lê op jou lippe. Met die oog daarop dat jou vertroue op die HERE sal wees, maak ek dit vandag aan jou bekend, ja, aan jou. Het ek nie vir jou dertig spreuke opgeskryf met raad en kennis om aan jou die waarheid, betroubare woorde, bekend te maak, sodat jy betroubare antwoorde kan gee aan dié wat jou gestuur het nie? Moenie 'n arme beroof omdat hy arm is nie, en moenie die magtelose vertrap in die poort nie, want die HERE sal hulle regstryd voer en van hulle plunderaars die lewe plunder. Moenie vriende maak met 'n humeurige mens nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie saamgaan nie

SPREUKE 22:6-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Leer 'n kind in die pad wat hy moet gaan, en as hy oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. Die ryke heers oor die armes, en die lener is dienaar van die lener. Hy wat ongeregtigheid saai, sal nietigheid maai, en die roede van sy toorn beswyk. Hy wat 'n oorvloedige oog het, sal geseën word; want hy gee van sy brood aan die armes. Verdryf die spotter, en die twis sal uitgaan; ja, twis en smaad sal ophou. Hy wat reinheid van hart liefhet, vir die genade van sy lippe sal die koning sy vriend wees. Die oë van die HERE bewaar kennis, en Hy vernietig die woorde van die oortreder. Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant, ek sal op die strate gedood word. Die mond van vreemde vroue is 'n diep kuil; wie van die HERE 'n afsku het, sal daarin val. Dwaasheid is gebonde in die hart van 'n kind; maar die roede van tugtiging sal dit ver van hom af verdryf. Hy wat die arme verdruk om sy rykdom te vermeerder, en hy wat aan die rykes gee, sal sekerlik gebrek kry. Buig jou oor en hoor die woorde van die wyses, en pas jou hart op my kennis. Want dit is aangenaam as jy hulle binne-in jou bewaar; hulle sal ook op jou lippe pas. Sodat jou vertroue op die HERE mag wees, het ek jou vandag bekend gemaak, ook aan jou. Het ek nie uitstekende dinge aan jou geskrywe in raad en kennis nie, Sodat Ek jou die sekerheid van die woorde van die waarheid kan bekend maak; dat jy die woorde van die waarheid kan antwoord aan die wat na jou stuur? Moenie die arme beroof nie, want hy is arm; en verdruk die ellendige nie in die poort nie. Want die HERE sal hulle saak verdedig en die siel van die wat hulle geplunder het, verwoes. Maak geen vriendskap met 'n kwaad man nie; en met 'n woedende man mag jy nie gaan nie.

SPREUKE 22:6-24 Die Boodskap (DB)

Leer ’n kind vroeg hoe om te leef en hy sal tot sy oudag toe reg leef. ’n Ryke heers oor die armes wat hom geld vra. ’n Lener is die slaaf van die een by wie hy leen. ’n Regeerder wat heeltyd verkeerde dinge doen, sal nog die aaklige gevolge daarvan dra. Sy regering sal nie lank hou nie. Iemand wat mense se nood raaksien, ervaar blydskap. Hy wat vir armes gee, is ’n gelukkige mens. As ’n rusiemaker weggaan, is alles sommer rustiger en kalmer. Onderlinge rusie en spanning sal dadelik ophou. Die mens wat reg optree en reg praat, sal selfs die regeerder onder sy vriende tel. Die Here sien alles wat ’n wyse en ’n domme sê en doen. Hy help ’n mens om reg te leef. Hy vernietig bose planne. ’n Luiaard oordryf altyd alles. As hy nie lus is vir werk nie, sê hy sommer ’n kwaai leeu wag daar buite. As hy sou uitgaan, sal die leeu hom opvreet. Pas op vir die praatjies van ’n los vrou. Dit is soos ’n put. Voordat jy jou kom kry, het jy daarin geval. So straf die Here ’n mens wat aan haar verleidings toegee. Tug is nodig! As ’n kind toegelaat word om te doen net wat hy wil, loop dinge verkeerd. Dissipline verdryf stoutighede. God help die armes! Veral as mense hulle uitbuit. Wie geld op rykes bestee, moet net gee en gee. Naderhand het hy niks meer oor nie. Spits jou ore! Luister mooi na die wenke vir ’n wonderlike lewe. Maak alle inligting oor die regte manier van lewe jou eie. Dink daaroor na. As jy dit doen, sal jy gelukkig wees. Jy sal ook weet wat om op die regte oomblik te sê. Al die spreuke moet jou help om die Here nog beter te ken en te vertrou. Dit is waarom al hierdie woorde van wysheid neergeskryf is. Ja, alles is net vir jou geskryf. Goeie raad vir ’n gelukkige lewe! ’n Groot hulp om tussen waarheid en leuens te onderskei. ’n Wonderlike hulpmiddel om ’n mens met integriteit te wees. Moenie ’n arm mens uitbuit omdat hy weerloos is nie. Moenie die behoeftiges wat om hulp roep, in die grond in trap nie. Onthou, die Here is aan hulle kant. Hy veg vir hulle. En Hy straf almal wat hulle verneder. Pas op vir mense met ’n slegte humeur. Bly uit die pad van ’n wraaksugtige mens.

SPREUKE 22:6-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen die slaaf van die man by wie hy leen. ’n Geweldenaar wat onreg saai, sal teëspoed oes. Ook sy verdrukking van ander sal tot ’n einde kom. ’n Vrygewige man wat van sy kos vir armes gee, sal geseën word. Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom. Wie graag opreg wil wees en mooi praat met ander, het selfs die koning as vriend. Die HERE hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om. “Daar is ’n leeu daarbuite!” sê die luiaard. “Ek sal gevang word as ek dit buite waag!” ’n Vreemde vrou se woorde is ’n bodemlose put; as die HERE vir jou kwaad is, sal jy daarin val. Dwaasheid is eie aan ’n seun; ’n pak slae haal dit uit hom uit. Wie arm mense verontreg om homself te verryk, of vir die rykes geskenke gee, sal self in armoede verval. Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer. My onderrig sal goed wees as jy dit jou eie maak en dit kan gebruik. Vandag onderrig ek spesifiek vir jou sodat jy op die HERE kan vertrou. Ek skryf 30 voorskrifte vir jou neer. Hulle is vol raad en kennis. Deur hulle sal jy in staat wees om die waarheid te herken en betroubaar verslag te doen aan die mense wat jou stuur. Moenie ’n arm mens uitbuit net omdat hy arm is nie. Moenie die hulpelose in hofsake uitbuit nie. Die HERE sal hulle saak verdedig. Hy sal mense wat hulle beroof, weer van húlle lewe beroof. Moenie vriende maak met ’n humeurige mens nie. Bly ver weg van een wat ongeduldig is.

SPREUKE 22:6-24

SPREUKE 22:6-24 AFR83SPREUKE 22:6-24 AFR83SPREUKE 22:6-24 AFR83SPREUKE 22:6-24 AFR83