SPREUKE 21:5-7
SPREUKE 21:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer flukse mense planne maak, dan word hulle ryk, maar almal wat te haastig is, sal arm word. Wanneer mense baie dinge het omdat hulle ander mense bedrieg het, dan verdwyn dit soos wind, en die mense sterf gou. Die mense wat verkeerd doen en wat ander mense wil seermaak en doodmaak, val in 'n vangnet wat hulle self styftrek omdat hulle nie reg wil doen nie.
SPREUKE 21:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek. Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem — dodelike valstrikke. Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.
SPREUKE 21:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek. Skatte wat met bedrog versamel is, verdwyn in die wind en bring die dood. Die geweld van goddelose mense vernietig hulleself, want hulle weier om reg te doen.
SPREUKE 21:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die planne van 'n vlytige strek net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, ervaar net gebrek. Die verkryging van skatte deur 'n vals tong is 'n vlugtige damp – dit is strikke van die dood. Die gewelddade van goddeloses sleep hulle weg, want hulle weier om te doen wat reg is.
SPREUKE 21:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die gedagtes van die vlytiges neig net tot oorvloed; maar van elkeen wat haastig is net om te gebrek. Om skatte te verkry deur 'n leuenagtige tong is 'n nietigheid wat heen en weer geslinger word van die wat die dood soek. Die roof van die goddelose sal hulle vernietig; omdat hulle weier om te oordeel.
SPREUKE 21:5-7 Die Boodskap (DB)
Goeie beplanning bring sukses. Oorhaastige optrede kan jou duur te staan kom. Geld wat vinnig en oneerlik gemaak is, bring nie geluk nie. Wie dit doen, draai homself in die strikke van die dood vas. Mense wat heeltyd net verkeerde dinge doen, vernietig hulleself. En dit net omdat hulle weier om reg te leef.