SPREUKE 21:17-20
SPREUKE 21:17-20 Bybel vir almal (ABA)
As iemand baie hou van plesier, dan sal hy arm word, iemand wat baie lief is vir wyn en olyf-olie, word nie ryk nie. 'n Mens sal maklik iemand wat verkeerd doen, omruil vir iemand wat reg lewe, of hy sal 'n ontrou mens omruil vir 'n eerlike mens. Dit is beter om in 'n woestyn te woon as om te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla en wat jou laat swaarkry. In 'n wyse mens se huis is daar kosbare goed en olyf-olie, 'n dwase mens eet alles op wat hy het.
SPREUKE 21:17-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie. Die goddelose is 'n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue. Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis. 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.
SPREUKE 21:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie plesier voorop stel, word arm; wie lief is vir wyn en lekker kos, word nie ryk nie. Jy ruil maklik 'n slegte mens uit vir een wat reg doen en 'n onbetroubare vir 'n eerlike. Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul. In die woning van 'n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie; 'n dwase mens bring sy goed deur.
SPREUKE 21:17-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie van plesier hou, se voorland is gebrek; wie van wyn en salfolie hou, sal nie ryk word nie. 'n Goddelose word 'n losprys vir die regverdige, en 'n verraderlike mens neem die plek in van opregtes. Om in 'n woestyn te woon, is beter as by 'n vrou wat gedurig kyf en 'n ergernis is. 'n Kosbare skat en olie is in die tuiste van 'n wyse, maar 'n dwase mens verslind syne.
SPREUKE 21:17-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie van genot hou, sal 'n arm man wees; wie van wyn en olie hou, sal nie ryk wees nie. Die goddelose sal 'n losprys wees vir die regverdiges en die oortreder vir die opregtes. Dit is beter om in die woestyn te woon as by 'n twisgierige en woedende vrou. Daar is 'n skat om te begeer en olie in die woning van die wyse mense; maar 'n dwase mens spandeer dit op.
SPREUKE 21:17-20 Die Boodskap (DB)
Wie niks doen nie en net partytjie hou, sal nooit geld hê nie. Wie net lekker wil eet en drink, verwaarloos sy werk. Hy sal nooit ryk wees nie. Die Here straf slegte mense, maar help die gelowige. Hy vernietig die ongelowige, maar seën dié wat in Hom glo. Dis beter om eenkant en alleen te bly as by mense wat graag stry en aanhou neul. ’n Wyse mens het ’n fyn smaak. Hy ken die waarde van dinge en pas sy besittings mooi op. ’n Dom mens verwaarloos en vernietig alles.
SPREUKE 21:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wie agter plesier aan loop, word ’n arm mens. Wie lief is vir wyn en weelde, word nooit ryk nie. Soms word ’n slegte mens geruil vir een wat reg doen, en die onbetroubare mens vir die eerlike persoon. Dit is beter om iewers in die woestyn te gaan bly as saam met ’n stryerige vrou wat oor alles neul. In ’n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ’n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het.