SPREUKE 19:6-7
SPREUKE 19:6-7 Die Boodskap (DB)
Jabroers kruip altyd by die baas. Hulle vra allerhande gunste. Almal is mos altyd ’n vriend van die een of ander belangrike persoon. Maar hulle dink net aan hulle eie belange. Iemand in ’n groot finansiële verknorsing staan alleen. Sy eie familie vermy hom. Sy vriende wil niks met hom te doen hê nie. Beloftes van hulp word gou vergeet.
SPREUKE 19:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Daar is altyd baie mense wat wil hê dat 'n belangrike persoon hulle vriend moet wees, as iemand presente weggee, dan wil almal sy vriend wees. 'n Arm mens se broers hou nie van hom nie, nie een van sy broers nie, sy vriende hou ook nie van hom nie, sy vriende bly ver weg van hom. Wanneer die arm man met hulle wil praat, dan is hulle nie daar nie.
SPREUKE 19:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende. Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde — weg is hulle!
SPREUKE 19:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal soek die goedgesindheid van 'n man met mag, elkeen is die vriend van iemand wat geskenke uitdeel. As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie, bly sy vriende ook van hom af weg, en om hulle te soebat, help nie.
SPREUKE 19:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie soek die guns van 'n vooraanstaande persoon, en elkeen is die vriend van 'n vrygewige man. 'n Arme se hele familie het 'n weersin in hom; hoeveel te meer sal sy boesemvriend nie van hom af wegbly nie? Hy probeer hulle met woorde bereik, maar hulle is nie daar nie.
SPREUKE 19:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Baie sal die vors se guns smeek, en elkeen is 'n vriend vir hom wat geskenke gee. Al die broeders van die armes haat hom; hoeveel te meer gaan sy vriende ver van hom af? hy agtervolg hulle met woorde, maar hulle ontbreek hom.
SPREUKE 19:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Almal probeer om gewild te wees by ’n belangrike man. Almal is vriende met die man wat geskenke uitdeel. As ’n arm man se broers niks met hom te doen wil hê nie, hoeveel te meer sal sy naaste hulle nie aan hom steur nie? Hy smeek verniet by hulle. Hulle is weg.