SPREUKE 19:27-29
SPREUKE 19:27-29 Bybel vir almal (ABA)
My seun, as jy aanhou om nie te leer nie, dan sal jy altyd dom bly. 'n Getuie wat 'n slegte mens is, spot wanneer mense reg wil doen. Iemand wat verkeerd doen, sê dinge wat mense slegte dinge laat doen. Mense wat altyd wil spot, sal hulle straf kry, dwase sal 'n pak slae kry.
SPREUKE 19:27-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis. 'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg. Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.
SPREUKE 19:27-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
My seun, hou gerus maar op met luister na wat jou geleer word as jy jou nie wil steur aan verstandige raad nie. 'n Kwaadwillige getuie maak 'n bespotting van die reg; wat goddelose mense sê, bring onreg. Ligsinnige mense moet straf te wagte wees, en dwase moet slae verwag.
SPREUKE 19:27-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As jy ophou, my seun, om na vermaning te luister, dan is dit net om te dwaal – weg van die woorde van kennis. 'n Deugniet van 'n getuie maak 'n bespotting van die reg, en die mond van goddeloses verslind boosheid. Vonnisse is gereed vir spotters, en slae vir die rûe van dwase.
SPREUKE 19:27-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hou op, my seun, om die tug te hoor wat laat dwaal van die woorde van kennis. 'n Goddelose getuie minag die oordeel, en die mond van die goddelose eet ongeregtigheid op. Oordele word voorberei vir spotters en slae vir die rug van dwase.
SPREUKE 19:27-29 Die Boodskap (DB)
Jy kan net wysheid kry as jy bereid is om te leer, as jy jou voorneem om die regte dinge op die regte tyd te doen en te sê. ’n Vals getuie verdraai die waarheid doelbewus. Hy geniet dit om ander af te kraak. So ’n mens steur hom nie aan wat reg is nie. Wie wysheid verwerp, word ’n ongelukkige mens. ’n Domkop wat nie weet hoe om reg te leef nie, maak skandes en ly groot skade.
SPREUKE 19:27-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My kind, wanneer jy ophou om te luister na teregwysing, draai jy jou rug op verstandige raad. ’n Nuttelose getuie maak van ’n hofsaak ’n bespotting. Goddelose mense verorber kwaad. Straf is opgeskryf vir mense wat ander belaglik maak, en slae wag vir die dwase.