SPREUKE 18:16-18
SPREUKE 18:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Geskenk maak ander se harte oop vir jou. Dit maak belangrike mense toeganklik vir jou. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit. Rusies kan besleg word deur die lot te werp. Dit kan beslissings vel tussen twee sterk teenstanders.
SPREUKE 18:16-18 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand vir mense presente gee, dan is hy welkom by hulle, hy kan dan by belangrike mense staan. Dit lyk altyd of die persoon reg is wat eerste praat in 'n hof, maar wanneer iemand vir hom vrae begin vra, dan lyk dit nie meer reg nie. Wanneer 'n mens vir die Here vra wie is reg, dan kan mense ophou twis, en dan kan sterk mense besluit om op te hou stry oor wie reg is.
SPREUKE 18:16-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes. Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë. Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.
SPREUKE 18:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oop en gee hom toegang tot mense met mag. Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig, maar dan kom iemand anders en ondervra hom. Deur 'n beslissing van die Here te vra, kan rusies besleg en sterk mense uitmekaar gemaak word.
SPREUKE 18:16-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die geskenk van 'n mens skep vir hom ruimte; na die teenwoordigheid van grotes lei dit hom. Die een wat eerste sy saak stel, het skynbaar gelyk, maar sy medemens kom en ondervra hom. Die lot bring 'n einde aan rusie, en hou sterkes uitmekaar.
SPREUKE 18:16-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Man se gawe maak vir hom plek en bring hom voor groot manne. Hy wat eerste is in sy eie saak, lyk regverdig; maar sy naaste kom en deursoek hom. Die lot laat twis ophou en skei tussen magtiges.
SPREUKE 18:16-18 Die Boodskap (DB)
’n Geskenk bring ’n mens ver. Respek vir ander maak jou gewild. In die hof klink die eerste getuie se verhaal altyd oortuigend. Onder kruisverhoor sing hy gou ’n ander deuntjie. Partykeer moet ’n tussenganger ’n saak tussen mense besleg. As sy beslissing aanvaar word, kom daar vrede tussen die strydendes.
SPREUKE 18:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Geskenk maak ander se harte oop vir jou. Dit maak belangrike mense toeganklik vir jou. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit. Rusies kan besleg word deur die lot te werp. Dit kan beslissings vel tussen twee sterk teenstanders.