SPREUKE 18:14-15
SPREUKE 18:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Innerlike sterkte dra ’n mens deur sy liggaamlike siekte. Hoe kan iemand egter uithou as hy moed verloor het? ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis.
SPREUKE 18:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n man aanhou hoop, dan sal dit hom help wanneer hy siek is, maar niemand kan aanhou lewe as hy moedeloos is nie. 'n Verstandige mens wil graag meer weet, wyse mense luister, hulle wil leer.
SPREUKE 18:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees — wie kan dit opbeur? Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.
SPREUKE 18:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moed laat 'n mens sy lyding dra; as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie. 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.
SPREUKE 18:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die gees van 'n mens dra hom deur siekte, maar 'n neerslagtige gees – wie kan dit opbeur? Die hart van 'n verstandige verkry kennis, en die oor van wyses soek na kennis.
SPREUKE 18:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die gees van 'n mens sal sy krankheid onderhou; maar 'n gewonde gees wie kan dit verdra? Die hart van die verstandige verwerf kennis; en die oor van die wyse soek kennis.