SPREUKE 18:13-17
SPREUKE 18:13-17 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat nie goed luister voordat hy antwoord nie, doen 'n dom ding, en almal sal dink hy is dom. Wanneer 'n man aanhou hoop, dan sal dit hom help wanneer hy siek is, maar niemand kan aanhou lewe as hy moedeloos is nie. 'n Verstandige mens wil graag meer weet, wyse mense luister, hulle wil leer. Wanneer iemand vir mense presente gee, dan is hy welkom by hulle, hy kan dan by belangrike mense staan. Dit lyk altyd of die persoon reg is wat eerste praat in 'n hof, maar wanneer iemand vir hom vrae begin vra, dan lyk dit nie meer reg nie.
SPREUKE 18:13-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees. Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees — wie kan dit opbeur? Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis. Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes. Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
SPREUKE 18:13-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande. Moed laat 'n mens sy lyding dra; as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie. 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. 'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oop en gee hom toegang tot mense met mag. Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig, maar dan kom iemand anders en ondervra hom.
SPREUKE 18:13-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie antwoord voordat hy luister – sotheid is sy deel, en ook vernedering. Die gees van 'n mens dra hom deur siekte, maar 'n neerslagtige gees – wie kan dit opbeur? Die hart van 'n verstandige verkry kennis, en die oor van wyses soek na kennis. Die geskenk van 'n mens skep vir hom ruimte; na die teenwoordigheid van grotes lei dit hom. Die een wat eerste sy saak stel, het skynbaar gelyk, maar sy medemens kom en ondervra hom.
SPREUKE 18:13-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat 'n saak beantwoord voordat hy dit hoor, dit is vir hom dwaasheid en skande. Die gees van 'n mens sal sy krankheid onderhou; maar 'n gewonde gees wie kan dit verdra? Die hart van die verstandige verwerf kennis; en die oor van die wyse soek kennis. 'n Man se gawe maak vir hom plek en bring hom voor groot manne. Hy wat eerste is in sy eie saak, lyk regverdig; maar sy naaste kom en deursoek hom.
SPREUKE 18:13-17 Die Boodskap (DB)
Iemand wat antwoord voordat hy luister, praat die grootste onsin. Niemand wil hom meer enige raad vra nie. ’n Blymoedige mens kan die ernstigste siekte oorleef. Vir ’n geknakte gees is daar geen medisyne nie. ’n Slim mens smag na wysheid. Hy luister graag na raad sodat hy reg kan leef. ’n Geskenk bring ’n mens ver. Respek vir ander maak jou gewild. In die hof klink die eerste getuie se verhaal altyd oortuigend. Onder kruisverhoor sing hy gou ’n ander deuntjie.
SPREUKE 18:13-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat ’n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom. Innerlike sterkte dra ’n mens deur sy liggaamlike siekte. Hoe kan iemand egter uithou as hy moed verloor het? ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis. ’n Geskenk maak ander se harte oop vir jou. Dit maak belangrike mense toeganklik vir jou. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit.