Spreuke 18:13-17

Spreuke 18:13-17 ABA

Iemand wat nie goed luister voordat hy antwoord nie, doen 'n dom ding, en almal sal dink hy is dom. Wanneer 'n man aanhou hoop, dan sal dit hom help wanneer hy siek is, maar niemand kan aanhou lewe as hy moedeloos is nie. 'n Verstandige mens wil graag meer weet, wyse mense luister, hulle wil leer. Wanneer iemand vir mense presente gee, dan is hy welkom by hulle, hy kan dan by belangrike mense staan. Dit lyk altyd of die persoon reg is wat eerste praat in 'n hof, maar wanneer iemand vir hom vrae begin vra, dan lyk dit nie meer reg nie.

Video for Spreuke 18:13-17

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 18:13-17